Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Speletjie was doring in vlees vir Kakies.

Joan Adendorf-Du Plessis skryf:

OP 13 Mei 1976 het ouma Bettie Snyman-Du Plessis, gebore Von Ronge, haar blou o die laaste keer toegemaak. Vir my was dit 'n groot verlies, maar die ryke erfenis wat sy nagelaat het met staaltjies uit die oorlog sal my altyd bybly.
As opgeskote jong meisietjie het wreedheid en smart van die oorlog haar nie ontsnap nie en het dit haar lewenslank bygebly. As Ouma oor daaroor begin vertel het, het sy altyd so 'n treurige uitdrukking in haar o gekry.
Sy het vertel hoe hulle op hul plaas in die distrik Zastron gevange geneem en na die konsentrasiekamp by Norvalspont weggevoer is.
'n Kind beleef mos maar dinge anders as 'n grootmens. In die kamp was nie veel om vreugde te verskaf nie, seker di dat sy hierdie storie onthou en graag aan ons vertel het.

Rondom die kamp was brakslote wat in die droogte diep en onooglik was. In die kamp was 'n seun van so 15 of 15 wat, soos my ouma dit gestel het, ``nie al sy varkies op hok'' gehad het nie.
Die seun het die kuns vervolmaak om so onder die Tommies se neuse uit die kamp te glip. In sy eenvoud het hy dit reggekry om 'n doring in die vlees van die Engelse te wees tot groot vreugde van die vroue en die kinders.
Sodra hulle besef het hy is uit die kamp weg, is 'n soekgeselskap saamgestel om hom op te spoor. Sodra hy agterkom hulle is op sy spoor, het hy vinnig uitgespring, ``koe-e-ek'' geskree en in 'n ander sloot verdwyn.

Hy het dit natuurlik as 'n wegkruiperspeletjie beskou, maar vir die Tommies in hul ongemaklike, warm uniforms, was dit allesbehalwe snaaks. S het hy hulle tot vervelens van die een sloot na die ander laat rondhardloop.
Natuurlik was hy weke lank die held van die kamp, want hy het dit reggekry om die Engelse te uitoorl.
Een keer was die kampbevelvoerder baie ontsteld daaroor. Hy het besluit dat, aangesien die voetsoldate die kwajong nie vinnig genoeg na sy sin aankeer nie, hy hulle sou wys hoe dit gedoen moes word. Uitgevat in sy offisiersuniform het hy met groot bravade voor die gevangenes op sy perd geparadeer en wild en wakker bevele geskree.

Ongelukkig vir hom het hy nie rekening gehou met die vindingrykheid van die Boerseun wat die omgewing soos die palm van sy hand geken het nie.
Oorlewering het dit dat die offisier kersregop op sy perd op een van die slote afgery het. Die seun het onverwags reg voor hulle uitgespring, hard geskree en onmiddellik weer verdwyn. Perd en ruiter het ewe groot geskrik. Die offisier het soos 'n vrot vel deur die lug getrek en die perd het die hasepad gekies.
Vol stof en kneusplekke het hy die kamp ingestrompel. Van die bravade van vroer was nie veel te bespeur nie. Hy het besef selfs die magtige Britse Ryk het nie 'n kat se kans teen die mannetjie nie. Die kersie op die koek was toe die seun teen laatmiddag die kamp binnegestap gekom het met die bevelvoerder se perd hondmak agterna.

Daarna het die Engelse hom sy gang laat gaan en was maar baie traag as hulle beveel is om na hom te gaan soek. Op sy eenvoudige manier het hy baie tot die opbou van die moreel in die kamp bygedra.
Of hy die kamp oorleef het, weet ek nie, maar die vreugde wat Ouma daaruit geput het om di staaltjie met 'n glinstering in die oog te vertel, sal my altyd bybly.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte