Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


BLOEDIGE GEVEG BY TALANA.

BOERELAER NABY DUNDEE, het ons berig oor die Boere-besetting van Elandslaagte-stasie. Vandag het generaal Meyer se burgers inderdaad 'n volskaalse aanval op generaal Penn Symons se magte in Dundee begin. Ons verslaggewer berig dat dit reeds gister algemene kennis in die kamp was dat generaals Erasmus en Joubert besluit het om aan te val.

Dundee, 'n klein steenkoolmyndorpie, l tussen ho heuwels. Die Britse kamp is reg langs die dorp. Di generaals het besluit om van drie kante aan te val: Meyer uit die ooste, Erasmus uit die noorde en kommandant Weilbach met sy Heidelbergers uit die weste. Meyer moes voor dagbreek die Talanaberg oos van Dundee beset. Generaal Erasmus se burgers moes terselfdertyd die Impatiberg met sy plat kruin noord van Dundee beset. Albei moes die Britte in hul kamp langs die dorp met kanonne bestook.

Gisteraand het ds. A.P. Burger van Middelburg in generaal Meyer se laer die godsdiens gelei. Die burgers wat aan die aanval moes deelneem, naamlik die kommando's van Utrecht, Middelburg, Wakkerstroom, Bethal, Krugersdorp, Piet Retief en Vryheid, het die laer kort daarna verlaat. Terwyl die ren onverpoosd uitgesak het, het hulle in die rigting van Dundee koers gevat.

Meyer se burgers het kort n dagbreek hul doelwit bereik. Hy het sowat 900 man met die kanonne op Talanaheuwel self geplaas en die ander 600 man op die aangrensende Lennoxheuwel. Dit was mistig teen dagbreek, maar kort n vyfuur het die mis op die Talana- en Lennoxheuwels gelig. Ons burgers was in hul noppies, want met die son agter hulle het hulle 'n pragtige uitsig oor die dorpie en die Britse kamp aan die ander kant daarvan gehad. Impatiberg was nog toe onder die mis en Meyer-hulle was nie seker of Erasmus en sy burgers in posisie was nie.

Die Boere-artilleriste met hulle twee Krupp-kanonne, een Creusot en een pom-pom-snelvuurkanon was ten spyte van die papnat terrein gereed vir aksie. Die eerste bom is om presies tien voor ses afgevuur. Dit het konsternasie in die Britse kamp veroorsaak. Maar die burgers op Impati het steeds nie tot die geveg toegetree nie.

Erasmus se manne kon nie tot die geveg toetree nie, verneem ons, omdat Erasmus nie wou toetree nie. Bowendien was sy artilleriste nog nie naastenby in posisie nie. Toe die eerste bomme ontplof, was hulle met hulle aansienlike getal kanonne nog 'n goeie uur se trek van Impati af. Volgens een van ons senior offisiere was generaal Erasmus van mening dat die mis sodanig was dat dit vir hom sinneloos sou wees on Impati te beset.

Dit was vir Erasmus se burgers pynlik om te luister hoe die bomme ontplof en die skote knal, maar nie toegelaat te word om hul broeders te hulp te snel nie. Kommandant Weilbach se burgers het ook nooit tot die geveg toegetree nie.

Intussen kon Meyer se kanonniers van Talanaheuwel se kruin af deur hulle teleskope en verkykers sien dat al hul bomme nie ontplof nie. Die grond was skynbaar weens al die ren te sag. Hulle kon ook sien dat die Britte gou n die aanvanklike warboel weer tot orde geraak het. Kort n sesuur het die Britse artillerie die Boere se vuur begin beantwoord.

Vir die meeste van ons stomme manne was dit die eerste keer in hul lewe dat hulle die teiken van vyandige artillerie geword het. Die ontploffende kartetse het spoedig paniek onder die burgers gesaai. 'n Paar honderd lafaards het inderdaad op die vlug geslaan. Die Britte het seker ons manne se paniek bemerk, want hulle het kort daarna hul soldate uitgestuur om ons aan te val.

Meyer met sy hoofmag en sy kanonne het nou teruggeval. Onmiddellik het die Britte Talanaberg beset.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte