Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Boerseun ontsnap waaghalsig.

Vandag se verhaal van die waaghalsige ontsnapping van die 13-jarige Ernst de Jager van Reddersburg, is deur 'n kleinseun van hom, mnr. Ernst de Jager Vermaak van skryf:

Ernst de Jager was 13 jaar oud toe hy in die oorlog in Reddersburg deur die Engelse gevang is. Aangesien klere baie skaars was, het hy dele van 'n Engelse soldaat se uniform met sy gevangeneming aangehad. Dit was 'n ernstige oortreding en hy is deur 'n krygsraad ter dood veroordeel. Hy sou die volgende dag voor 'n vuurpeloton sterf.

Nadat Ernst sy eie graf op die plaas Ventershoek gegrawe het, is hy deur verskeie soldate in 'n tent bewaak. In die tent was ook 'n soldaat. Ernst het gekla dat hy nie kan slaap nie omdat die lamp se lig pla. Die soldaat het toe 'n afskorting met 'n kombers gemaak.

Laat die nag toe die wag in die tent begin snork, het Ernst saggies die mes waarmee die wag geet het, geneem en 'n gat agter in die tent gemaak en ontsnap.
Dit was maar die maklike deel van die ontsnapping, want 'n entjie van die kamp af het die Engelse kommando se perde vir hom geskrik en die hele kamp wakker gelawaai. Die Engelse soldate het dadelik ondersoek gaan instel en naby Ernst verby geloop waar hy agter lae bosse weggekruip het.

Ernst het toe stadig op sy maag gekruip totdat hy verby die blokhuise met wagte, en weg van die kamp was.
Op die plaas Treurkop het hy onder 'n bos gaan l en slaap, waar hy weer 'n nagmerrie-ondervinding met Engelse soldate gehad het. Hulle het naby die bos gestop om te rus. Hulle het hul le blikkies en oorskietkos in die bos gegooi. Sommige soldate het ook glad langs die bos gestaan en op hom gewater sonder om hom te sien!

N omtrent 'n week van vlug, het Ernst in Bethulie aangekom waar sy ma in die konsentrasiekamp aangehou is. Hy het die kamp binnegesluip om hom by sy familie aan te sluit. Sy ma het besluit om hom by die kampowerheid as Jimmie de Jager aan te meld.
Aangesien mense wat hom geken het, 'n eed afgel het dat sy naam Jimmie is, het hy die naam aangeneem en is hy baie jare daarna nog so genoem.
N ondervraging is Ernst saam met krygsgevange Boere in 'n beestrok gelaai en na Durban gestuur, waar hulle na St. Helena verskeep is.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte