Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Kakie val varkie dood toe Boeremeisie hom met 'n teeblik teen die kop gooi oor hoed.

Mev. "Hendri" Louw skryf:

Ek is 'n kleinkind van ouma Bettie du Toit van Ventersburg wat in 1978 op 96 oorlede is.
Dat Ouma so oud geword het, nooit geopereer is nie, 11 kinders gehad en 4 mans oorleef het, wys vir 'n mens watter ``tawwe Tienie'' sy was, en ook hoekom sy nie bang was om 'n Engelse soldaat kort te vat nie.
N Oupa Gert du Toit se dood moes ons as Van Deventer-kinders beurte maak om om by Ouma in haar huis te slaap.
Saans het sy vir my l en vertel van die oorlog. Ek was tussen agt en tien jaar oud. Ek was al dikwels spyt dat ek nie al die verhale aangeteken het nie, maar di een onthou ek goed:

Ouma (ek vermoed sy was so 15 jaar oud), haar ma, broer en susters is deur die Engelse soldate gevange geneem en op 'n wa weggevat. Die Engelse het 'n varkie se blad afgesny en gebraai, maar die arme dier net so lewend aan die wa gehang, omdat die vleis dan langer bruikbaar sou bly. So ver hulle gery het, het die varkie vreeslik geskreeu.
Die kinders was vreesbevange. Ouma het haar o en ore toegedruk. N 'n paar uur se voortskommel op die wa, het Ouma deur haar vingers geloer. Voor haar het 'n Engelse soldaat wragtag met haar katkisasie-hoed op sy kop gesit, een wat so opgeslaan het met blommetjies en al.

Langs Ouma was voorraad soos meel, koekies, beskuit en 'n blik tee gepak. Ouma het met die teeblik na die soldaat se kop gekorrel en hom sekuur agter sy kop getref sodat 'n mens net teeblare en hoed sien trek het.
Die Tommie het van skrik van die wa afgeval, bo-op die skreeuende varkie. Genadiglik het hy die vark met afvalslag morsdood geval, sodat hulle in stilte verder kon ry.
Ouma en haar familie was eers doodbenoud, maar die soldaat het doodbang aan die sykant van die wa verder saamgery baie lugtig vir Ouma.

Met haar hoed veilig op haar skoot het sy gevoel asof sy die oorlog gewen het!
As Ouma die verhaal vertel het, het sy met so 'n laggie ges dat daar sowaar tot n die oorlog teeblare in die hoed bly vassteek het.
Ouma-hulle se opstal is nooit afgebrand nie. N die oorlog kon hulle kosbaarhede soos dro perskes, saad, dro wors en eetgerei wat hulle in die grondmure toegemessel het, gebruik. Hulle het ook goedere wat hulle op hul plaas in 'n grot versteek het, teruggebring.

Nadat ek al die inligting uit my kinderjare herroep het, voel ek skoon hartseer. Oorlog bly 'n verskrikking.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte