Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Engelse bitter oor turksvye.

Francois Geringer skryf:

``My ouma Miemie Grobler, gebore Terblanch, het in die distrik Dewetsdorp grootgeword. In die ABO was sy 'n opgeskote meisie. As kind het ek altyd na haar wedervaringe geluister. Die Boere op kommando was my helde. My ander ouma, Atjie Geringer, het van die stories beaam. Die volgende staaltjie het my bygebly:
``Op 'n dag het 'n Engelse patrollie op die plaas opgedaag. Hulle het al 15 kinders opgekommandeer om water vir die perde aan te dra. Hulle het die kroos ook gevra waar hul ma die voorraad kos wegsteek. Die kinders het weinig van die vreemde taal verstaan en dus meer uit hul handgebare afgelei wat hulle eintlik wou h.
``N deeglike oorweging het Ouma ges: `No,' want dit was al woord wat sy in Engels kon s.

``Die offisier in bevel was nie baie bendruk met die `ongeletterde' Boere-nasie nie. Hy het toe direk na Grootjie gegaan en kos vir hom en sy soldate geis.
`` `Struksvye, Ma,' het Boetie aanbeveel, want hy was bang vir die soldate.
`` `Turksvye,' het Grootjie hom reggehelp. `Dis 'n baie goeie plan. Ons kan hulle sommer terseldertyd laat betaal vir die swaarkry waarin hulle ons gedompel het.'
Sy het onder uit die hoekkas 'n bakkie gehaal waarin 'n paar vars geskilde turksvye was. Sy het dit, saam met 'n sny brood, vir die offisier aangebied. Hy het daaraan geproe, dit skaflik gevind en gulsig verorber.

``Grootjie haal toe 'n paar turksvye uit die kas wat nog nie geskil was nie, maar goed teen 'n streepsak afgevryf was. Sy het hom beduie hoe om dit af te skil en bied toe aan dat hulle turksvye in die boord kan gaan pluk en vir hulle vat, gratis en verniet.
``Die offisier het sy manskappe bymekaar geroep. N 'n paar bars bevele het hulle die boord binnegevaar. Sommige het die turksvye sommer voor by hul hemde ingegooi.
Onnodig om te s dat n sowat vyf minute konsternasie onder hulle uitgebreek het.

``Die offisier was seker te trots om te wys of te erken dat die Boervroue 20 Engelse die loef afgesteek het, want n 'n gegrom, gebrom en uitroepe van pyn en woede het hulle met stywe re op hul perde geklim en die plaas met gepynigde gelaatstrekke op 'n stadige stap verlaat. So in die verbygaan het die offisier Grootjie kwaai aangegluur.
Sy lippe was al klaar dik geswel. Dit was duidelik dat dit baie seer was om die teuels vas te hou.
`` `Kyk hoe boosaardig is hy,' het Ouma gefluister.
`` `Kyk mooi, want so 'n gesig sal julle nie gou weer sien nie,'' het Grootjie ges. Almal het van die lag uitgebars.
``Die offisier het die laaste gelag. Drie weke later het hy weer opgedaag en die huis afgebrand. Grootjie en Ouma-hulle is na Bethulie se konsentrasiekamp. Sy het weier om iets daaroor te vertel, so asof sy die seer en swaarkry daar klaar besweer het.

``Tot aan die einde van die oorlog en daarna het die families nog lekker gelag oor die hou-jou-dom-houding waarmee die Engelse 'n lae hou toegedien is.''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte