Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


`Legende van die Blomme' en droster-Tommie.

Mev. Avril Strydom skrywe:

Hier is my oorlogstorie oor my grootoom (my ma se pa se jongste broer), manskap George Shaw, wat in die Royal North Lancers onder bevel van lord Methuen was.
Hulle was in Ventersdorp gestasioneer. Hulle is ``The Burning Johnnies'' genoem omdat hulle elke plaashuis naby Ventersdorp afgebrand het.
Hy het van Engeland gekom, waar hy hom by die ler aangesluit het, hoewel hy 'n Ier was.

Op 'n dag is hy saam met 'n peloton gestuur om 'n plaasopstal af te brand.
Die soldate het die drie vroue wat daar gewoon het, beveel om uit te gaan en die gebou aan die brand gesteek.
Toe die vlamme opskiet, het die jongste vrou, wat maar nog 'n meisie was, haar gesig in haar hande weggesteek en bitterlik gehuil.
Haar trane het Shaw s ontstel dat hy na sy offisier gegaan het en ges het hul bevelvoerder se beleid is onnodig en onverantwoordelik. Dit het 'n woordewisseling tussen hulle veroorsaak en die offisier het ges: ``As jy dan so baie vir die Boere voel, sluit jou by hulle aan.''

Shaw, wat nooit iemand was wat baie gepraat het nie, het presies dit gedoen. Hy het sy burgerlike klere aangetrek en na die Boere oorgeloop. Hy was 'n ongewapende drywer vir die Boere, het 'n baard gekweek en het by die Boeremeisie wat gehuil het toe hul huis afgebrand is, gaan kuier as hy nie op kommando was nie.
Hy en Martha Engelbrecht het op mekaar verlief geraak en hulle het soveel tyd moontlik saam deurgebring. Hy is later gevang nadat een van die Tommies wat rantsoene vir Boeregesinne uitgedeel het, hom geien het.

Hy is voor 'n krygsraad gebring en gevonnis om geskiet te word. Die offisier in bevel van die vuurpeloton het 'n stoel van die Krige-gesin geleen om die veroordeelde aan vas te maak. Met die eerste sarsie skote is hy misgeskiet, maar met die tweede het hy 'n doodskoot gekry.
Hy is in 'n graf ver van ander soldate se grafte begrawe sodat die droster hulle nie kon ``besmet'' nie.
Wat die Engelse nie geweet het nie, is dat Martha in bosse naby die sterftoneel van haar geliefde weggekruip het. Daarna was daar gereeld blomme op sy graf, maar niemand het geweet wie dit daar gesit het nie.
Later is ges dat sy met Shaw se vriend Freicher getroud is. Sy het dikwels ges sy moet die graf gaan versorg. Sy het as skaduwee vir die graf 'n peper- en 'n denneboom daar geplant. Vandag is dit yslike bome. Blomme het gereeld op die graf verskyn. Later jare was daar ook mandjies kunsblomme toe sy te oud en swak geword het om gereeld vars blomme op te sit.

Toe ek in 1992 die graf besoek het, was dit nie meer sigbaar nie net die twee bome en die grafnommer het daar gestaan. Dit was in die hoek van die begraafplaas in Ventersdorp. Al die ou grafte was met onkruid toegegroei en niks kon op die grafkruise gelees word nie. In Ventersdorp staan die storie as die ``Legende van die Blomme'' bekend.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte