Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Die Kaapse Rebel wat die verste suid gesterf het in Heidelberg se middedorp doodgeskiet.

Anton Bellingan skryf:

Tussen die pragtige waterskeidings en in 'n verruklike mooi vallei van die Klein Winterhoekberge in die distrik Uitenhage l die byna 200 jaar oue plaas Tygerhoek.
Uit die vroegste jare van die vorige eeu was dit die oorspronklike familieplaas van die Bellingan-familie wat hulle hier kom vestig het nadat hulle uit die dorpie Driel in Nederland aangekom het. Hier is uit die trotse geslag 'n jong man met die naam Petrus Jacobus Bellingan in 1879 gebore.

Toe Petrus ongeveer 20 jaar oud was, het hy hom in Aberdeen gaan vestig. Di dorp was ten tyde van die vorige trefwoord"Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlogvolgende trefwoord" bekend daarvoor dat sy inwoners van die grootste Kaapse rebelle-ondersteuners was. Dit is ook 'n ``rebellenes'' genoem.
In die omgewing van Glenconnor, Oos-Kaap, het hy hom by die kommando van genl. Jan Smuts aangesluit wat in die Suurberge gehou het. Later, in die omgewing van die Swartberge, het hy hom by die kommando van Theron aangemeld.

Al met die berge langs het hulle gery om vir die Engelse in die onherbergsame klowe weg te kruip.Van Oudtshoorn, verby Albertinia en Riversdal het hulle getrek en was in vele skermutselings met die Engelse en hul meelopers van die kolonie betrokke.
In Heidelberg het die Engelse soldate en joiners hulself in die middedorp ingegrawe. Hier het hulle in die loopgrawe rondom die kerk die kommando van Theron ingewag. Party van hulle het ook in een van die winkels in die dorp skuiling teen die Boere gesoek. Daar word vertel dat van die Engelse onder die winkel se vloer begrawe is.

Die Kakies, wat groot vir die Boere-kommando geskrik het, het uit hul skuilings begin skiet. Links en regs het koels gefluit. Die Boere het met geweervuur geantwoord. Die skermutseling was van korte duur en die kommando het weer na die berge getrek.
Een Boer het in die stofstraat van Heidelberg bly l.
Drie dae later, op 15 September 1901, het hy gesterf. Dit was Petrus Jacobus Bellingan. Sy oorskot is deur sy pa, wat 'n lid van die ou Kaapse parlement was, na Tygerhoek gebring. Sy graf is nog by di van sy ouers op die plaas.

Hy staan bekend as die Kaapse rebel wat die verste suid in Afrika gesneuwel het. Al wat hy agter gelaat het, is 'n vergeelde klein foto'tjie.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte