Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Boerevroue in oorlog onthul wandade. Vergrype was baie groter as wat ons dink.


Die vroue buite die kampe'' vandag bekend gestel word, onthul die wandade teen die Boerevroue en -kinders deur Britse soldate. CHARLES SMITH het met hom gesels.

DAAR is mondelingse mededelings aan hom van 'n huis in Bloemfontein waar Boere meisies - veral van die Oos-Vrystaat - wat deur Britse so
ldate en swartes verkrag is, kom kraam het. Dit is moontlik dat van hierdie kinders as Afrikaners grootgemaak is, s Raath.
'n Duitser het in die oorlog beskryf hoe 'n Britse soldaat meisies wat vir kos moes bedel, gevang en seksueel misbruik het. Die Duitse beskrywing hiervan was "opgebruik'' - die meisies is in die kampe gaan omruil vir ander.
"Hierdie vergrype is baie groter as wat ons dink. Dit was nie vreemd om te lees hoe die meisies in die nag voor die soldate en swartes moes vlug nie.''

In party gevalle kon die Boervroue die soldate afweer, soos 'n groot vrou wat drie soldate ure lank van haar lyf kon hou. Dikwels het die soldate gedreig om 'n kind te skiet as die vrou weier.
In die boek ondersoek hy veral die Britse beleid van verskroeide aarde op psigologiese vlak. Bronne uit talle oorde bevestig die verbranding van Boere huise het reeds in 1899 begin toe die Britse kolonnes die Oranjerivier oorgesteek het. Dit het in distrikte soos Jacobsdal gebeur, maar selfs in die Kaapkolonie was daar voorvalle van plundering, s Raath.

"Die afstand was te groot vir doeltreffende beheer. Hulle was buite die oog van die pers. In 'n vroe stadium het genl. Christiaan de Wet vir genl. J.B.M. Hertzog opdrag gegee om bedigde verklarings oor ernstige oorlog vergrype, soos verkragtings, te kry. Hy het dit oorgedra aan sy adjudant, Niklaas Havenga.''
In die Vrystaat was die krisis gebied die Oos-Vrystaat. Dit is interessant dat die vergrype plaasgevind het in die kolonnes van die Britse generaals Rundle, Pilchard en Knox, wat onder De Wet deurgeloop het.
Hierdie kolonnes het 'n vry hand geneem vir die bombardering van huise, verkragtings en wrede aanrandings. Hulle het geplunder en verkrag sonder die hoofdoel om die slagoffers na die kampe te neem.
"Die bevelvoerders het geen pogings aangewend om die soldate te bedwing nie,'' s Raath.

"Die kolonnes en hul swart assistente is vrygelaat om die burgerlikes te teister.''
Die skrikwekkende leesstof waarna hy verwys, sluit in 'n verslag deur 'n offisier, ene Potgieter, wat Britse soldate dopgehou het terwyl hulle 'n groep vroue in die Oos-Vrystaat met hul waens agtervolg het. Die vroue het gevlug en 'n wa met klein boer bokkies op en 'n gestremde vrou, tant Miemie, agtergelaat met die hoop dat die Britse soldate na haar sal omsien.
Die Britte het die wa op die vrou aan die brand gesteek. Hy het haar tien tree van die wa gekry met die graspolle in haar hande en mond soos sy van die vlamme wou ontsnap.

Raath wys daarop dat Engeland in 1899 die Haagse Konvensie onderteken het waarvolgens beskaafde oorlogvoering beoefen sou word. Hierdie misdade is op groot skaal gepleeg ten spyte van die ondertekening.

Hierdie vergrype het daarom ook internasionale gevolge.
Nog 'n gebied waarop hy fokus, is die wegvoerings van mense van plase. Ook hier was die sterftes baie meer as wat geglo is. 'n Voorbeeld is 'n baba wat op 'n wa gebore en dood is. Die soldate het die lykie in 'n sloot gegooi. ``Die traumatiese impak daarvan moes baie erg gewees het.''

Raath s die politieke impak van die oorlog hou juis verband met die misbruik van die vroue en kinders. ``Dit is wat die vlam van haat aangesteek het en dit was teen 1948 nog nie uit die kollektiewe geheue verwyder nie.''
Twee faktore wat ook 'n traumatiese impak gehad het, was eerstens die joiner- en hensopper-element. In Deel 2 van die boek fokus hy hierop. Veral in die kampe, waar hulle die administrasie behartig het, het 'n ``geweldige stuk verbittering'' n die oorlog agtergebly.
Die tweede is die rasse-element: Die Britte se werwing van swart helpers was groter as wat gedink is. Dit het 'n sterk impak op die rasse politiek n die oorlog gehad.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte