Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Ou burger maak planne om by sy jong vroutjie in kamp te kuier.

'n Ou Boer kon in die Anglo-Boereoorlog nie van sy jong bruidjie in die konsentrasiekamp wegbly nie - met vrugbare gevolge!

Di prettige verhaal is deur mev. J.G. Steyn.

Sy skryf: My stiefgrootouma, Annie, wat n haar gevangeneming deur die Engelse na die konsentrasiekamp in Kimberley gestuur is, het 'n besonderse humorsin gehad. Sy het altyd met 'n bre glimlag die staaltjie vertel van die jeugdige tant Hannie wat haar man in die kamp in 'n wakis versteek het.

Tant Hannie se man - 'n wewenaar van om en by 60 - het op haar verlief geraak toe sy skaars 16 was en hulle is kort voor die uitbreek van die oorlog getroud.
Nadat hy oorlog toe is en sy gevang is, kon die oom maar nie van sy jong vroutjie wegbly nie. Met tipiese Boerevernuf het hy allerlei planne beraam om in die omgewing van Kimberley te kom en ongesiens in en uit die kamp te sluip.

Op 'n aand is hy verraai, maar voordat die Engelse tant Hannie se kamp kon bereik, het sy hom in 'n wakis versteek en daarop gaan sit.
Die Engelse s toe vir haar hulle het gehoor daar is 'n man by haar en hulle wil weet waar hy is.
Ewe ``onskuldig'' verklaar sy in gebroke Engels dat hulle mos kan sien dat daar nie 'n man is nie.
Daarop s een Engelsman iemand het 'n man se stem in die tent gehoor.

Sonder om te blik of te bloos antwoord tant Hannie: ``That's not a man. It's an old woman who speak so gros-gros!''
Die Engelse het maar die aftog geblaas en tant Hannie kon die oom uit die wakis bevry.
Dit was egter nie die laatse skelm kuiertjie van die hoogs verliefde burger nie. Die gevolge het ook nie uitgebly nie - 'n babaseuntjie is kort voor die vredesluiting in 1902 vir tant Hannie in die kamp gebore!

Die Bybel van my oupagrootjie Jan Danil Roux is een van ons kosbaarste besittings. Hierby is 'n vergeelde beriggie uit 'n onbekende koerant, gedateer 6 Oktober 1900, wat ek in die Bybel gevind het. Dit handel oor G.D.J. Scholtz, 'n 83-jarige boer van die plaas Mauritzfontein naby Kimberley, wat deur die militre owerheid onder Krygswet gevang en na die tronk in Kimberley geneem is.

Hy is drie dae in uiterste omstandighede opgesluit, al het sy 82-jarige vrou 'n paar dae tevore n 'n ernstige siekte opgestaan.
Wat ook al die beskuldiging teen hom was, hy is nooit verhoor nie, maar ontslaan en net so gelos. Hy is nie na sy plaas teruggestuur nie. Toe die berigggie geskryf is, het niemand geweet wat van hom geword het nie.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte