Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Kinders buit lord Kitchener se gemakstoel.

Boerekinders wat in die Anglo-Boereoorlog lord Kitchener se gemakstoel in die distrik Rouxville gebuit het.

Mev. C.E. Bell (Swanepoel) vertel.

My vader, Koot Swanepoel, gebore en geto in die distrik Rouxville, kon op sy dag dosyne staaltjies oor die Boereoorlog vertel.
Hy was maar 11 jaar oud toe 'n sterk Engelse mag onder lord Kitchener, op 'n buurplaas (tans Leeuspruit) deur Boere verras is en holderstebolder moes vlug.
My pa en 'n broer het hulle te perd na die toneel gehaas om, soos kinders in die oorlog soms gemaak het, te sien wat hulle kon buitmaak.

Oral het dooie hoenders en skape, tente, ensovoorts, agtergebly.
My pa het besluit om 'n gemakstoel van lord Kitchener uit sy tent te vat, dit op 'n perd vasgemaak saam met 'n klompie potte en panne huis toe laat vat.
Op pad terug huis toe het hulle 'n paar Engelse sodate teengekom en verskrik gewonder of di hulle ook nou gevange gaan neem. Die soldate het egter heerlik gelag vir die twee verskrikte kinders met hul rammelende buit op die perd se rug en die volgende raad uitgedeel: ``You better hurry, your dad is already in Bulaway!''

Toe is die twee seuns in trane, want wr is ``Bulawaai?!'', soos hulle die naam uitgespreek het.
Die gemakstoel waarvan hierbo vertel is, is vandag nog in besit van my broer se oudste seun, Kootjie Swanepoel van Pretoria.
My ouma het 50 sakke koring in die eetkamer teen een muur laat pak, sakke los getorring, dit aanmekaar gewerk, bo teen die plafon en onder op die vloer vasgespyker en dit met wit klei gesmeer sodat dit soos 'n soliede muur gelyk het. Die sakke het tot n die oorlog bewaar gebly en my oupa kon weer begin koring plant.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte