'n Boer wat by Magersfontein ``gewond'' is, maar nie bloed ``gebloei'' het nie.

Mev. J.C. Calitz skryf:

``Graag wil ek vandag die verhaal vertel van my vader, Hendrik C. Fourie, wat op die plaas Vissersdrift gewoon het. Die plaas het blykbaar uit sy ouers se hande geraak nadat hulle in die Oranjerivier-konsentrasiekamp oorlede is, albei in die 80 jaar oud. My vader is sewe maande voor die vrede gevang en na Indi, Ceylon en Bermuda gestuur waar hy tot drie jaar n die vrede gebly het omdat hy nie die eed van getrouheid wou afl nie.

``Wel, die verhaal begin s: Van di en manskappe van Luckhoff het in 'n loopgraaf by Magersfontein gel in 'n hewige geveg met die Engelse.
``Ek gebruik maar 'n skuilnaam vir die man oor wie die verhaal gaan, omdat sy afstammelinge seker nog leef.
`` 'n Engelsman het hewig op hulle geskiet, maar hulle kon glad nie sien waar hy l nie. Hy het hulle nie 'n kans gegee om behoorlik vas te stel waar die geskiet op hulle vandaan kom nie.

``Skielik spring die man, ons sal maar s Gert, regop en skree: `Hulle het my, hulle het my.'
``Vader-hulle ruk hom neer en vra waar is hy geskiet. Hy praat van die bloed wat in sy skoene geloop het. Met di vat hy so voel-voel aan die bloed, maar dit was toe nie bloed nie, want bloed ruik nie so sleg nie. Dit was toe nie 'n koel wat hom getref nie, maar 'n klip wat met die hewige geskiet van die Engelsman hom op die rug getref het.

``Hulle het toe een van die manne se hoed met 'n geweer bokant die loopgraaf uitgestoot. Die Engelsman het sy skuilplek verraai toe hy hom oplig om na die hoed te skiet. Hy is toe onmiddellik doodgeskiet.