Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Mafeking, Churchill se tante en 'n duif.

Lady Sarah Wilson, uitgevat in haar "joernalistieke pakkie'' wat sy spesiaal laat maak het voordat sy van Engeland na Suid-Afrika gekom het om aan haar man, 'n Britse offisier, en veelgeprese nefie, Winston Churchill, te wys hoe om die Boere te ``beveg''. Boere vryheidstryders by 'n skans van sandsakke om die laer van genl. Kootjie Snyman buite Mafeking.

'n VERWAANDE Britse vrou van die adelstand wat presies 'n eeu gelede in die Anglo-Boere Oorlog nie-amptelik gepoog het om op die Boere wat Mafeking beler het te spioeneer, was so onbeholpe dat selfs die posduif waarmee sy 'n ``geheime boodskap'' wou versend op die dak van die Boere hoofkwartier gaan sit het. 'n Burger het hom afgeskiet en die nuttelose brief aan sy poot gevind.

Di vrou, lady Sarah Wilson, was 'n tante van die veelbesproke sir Winston Churchill, Britse politikus en voorste spekskieter oor sy twyfelagtige bydrae tot die Anglo-Boere Oorlog. Soos Wilson het Churchill ook voorgegee dat hy 'n joernalis is, terwyl hy 'n inderdaad 'n militre offisier was. Hy het net meer as 'n jaar voor die uitbreek van die ABO in Soedan as 'n lansier sy aan sy met lord Horatio Kitchener duisende Moslem burgerlikes in die Slag van Omdurman help afmaai.

En net soos Churchill sy "heldhaftige'' optrede in Natal in die eerste offensief tussen Boer en Brit self opgehemel het n daarvoor gesorg het dat sy aangedikte weergawe al die voorblaaie van die Londense koerante haal, het sy "aunt Sarah'' ook self toegesien dat Brittanje van hr ``heldhaftige stryd teen die aaklige Boere'' te wete kom.

Haar man, kapt. Gordon Wilson, was 'n stafoffisier in die geledere van kol. Robert Baden-Powell se mag op Mafeking.

Sarah was so voortvarend dat sy voor haar koms na Suid-Afrika vir haar 'n "joernalistieke'' snyerspakkie laat maak het. Dit is afgerond met 'n verspotte hoed wat sy windmakerig op haar kop gedra het.

Sy was kennelik van plan om aan die Britse holui te wys dat alles wat haar man en nefie kon doen, sy veel beter kon regkry. Om dieselfde rede het sy en neef Winston dan ook glad nie langs dieselfde vuur gesit nie.

Die Churchill familieskatte was egter diep bel in die diamante van Kimberley en die goud van Johannesburg, en daarom het albei, asook Churhill se pa, lord Randolph Churchill, voor die oorlog 'n vinnige draai deur die land kom maak.

Dit is interessant dat Baden-Powell ook 'n gawe gehad het om sy eie beeld tot heldhaftige hoogtes op te pomp, terwyl sy eintlik hoogwatermerk sy groot belangstelling in jong seuns was. Hy het ook vir die Mafeking possel met sy eie gesig daarop gesorg nogal 'n gewaagde stap, aangesien net koningin Victoria daardie voorreg geniet het.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte