Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


De Wet genooi vir koffie n oorname.

'n Staaltjie oor genl. Christiaan de Wet se ongeduld met die inname van Dewetsdorp en 'n vroe koppie koffie in die stadsaal.

Toe De Wet in die tronk in Bloemfontein was, het sy offisiere ook die een n die ander daar aangeland. Toe genl. Wessel Wessels van Harrismith daar aankom, het hy 'n verhaal vertel om Wessels aan hulle bekend te stel.

In die ABO het De Wet en Wessels besluit om Dewetsdorp - wat in Britse hande was - aan te val. 'n Besluit is geneem dat Wessels van 'n sekere rigting die dorp om 03:30 sou aanval en De Wet vanuit 'n ander rigting.
De Wet se burgers was vroeg gereed. Hyself was vroeg reeds op die naaste miershoop met sy kaboemielies wat hy soos gewoonlik een-een in sy mond gegooi het as sake moeilik raak.

`De Wet het vertel dat die spanning hoog geloop het en dat sy humeur hom wou oorweldig, omdat hy nie kon dink wat verkeerd geloop het nie. Teen 04:30 het hy 'n burger te perd gestuur om te hoor wat aan die gang is. Di ontmoet 'n burger wat van die teenoorgestelde kant af kom en albei ry terug na De Wet.
Hy het hulle ongeduldig tegemoet geloop. Wessels se burger het van die perd afgeklim en ges: `Mre, generaal. Genl. Wessels s jy moet 'n koppie koffie in Dewetsdorp se stadsaal kom drink; hy het die dorp om 03:45 gevat.'

S is Wessels dan aan die ander in die tronk bekend gestel.''
`Wessels het in die Rebellie met sy perd in Harrismith se stadsaal gery om verbaasde slapende regeringsoldate te ontwapen.''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte