Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Kmdt. GJ Scheepers, veldtelegrafis.

Gideon het een aand in Murraysburg by vriende aangedoen om oorlogsverslae uit ander dele van die land te bekom. Terselfdertyd wou hy darem ook aan sy verloofde, mejuffrou Johanna Scheepers die dogter van Groot Koos Scheepers 'n groeteboodskap vanaf die hotel stuur. Toe hy egter 'n groepie Engelse offisiere aan etenstafel aantref, het Gideon 'n blink plan gekry. Hy kan mos nie verniet so flink Engels praat nie! 'n Paar sekondes later stel hy homself voor en begin doodluiters saamgesels oor die Engelse troepesterkte en -bewegings. Om van die Tommies se bewondering vir die Boereverkenners en heliografiste nie eers te praat nie! Lank het die Engelse offisiere by die joviale "oorlogskorrespant" gespog oor hul roemryke veldtaktieke, totdat die belangstellende joernalis weens "werkdruk" moes verdaag. Sy deel van die rekening het die heer sommer onder sy servet gebre. Toe die blinkgegspede offisiere die rekening moes betaal, kon hulle met 'n veertjie omgetik word, want toe hulle die besoeker se servet oplig, l daar 'n visitekaartjie voor hulle op die tafeldoek. Die naam van hul gas word in groot, swart letters gegee: "Kmdt. GJ Scheepers, veldtelegrafis." O ja, en 'n een pond fooi as toegif vir die aand se waardevolle inligting!

Gideon Scheepers en Klein Waterval.

Ernst van Jaarsveld vra oor die verskillende onkruidsoorte wat 'n eeu gelede saam met die perdevoer van die Kakies die land binnegekom het, het my laat terugdink aan die plaas Klein Waterval in die distrik Prins Albert. My oudste suster, Ruby, gebore in die jaar 1900, was getroud met wyle Fanie Mller, 'n seun van oom Gert Mller, indertydse eienaar van di plaas.

Daar was 'n groot tuin omring met 'n klip-en-klei-muur en waarin daar 'n onbekende onkruid was wat plat op die grond gegroei het en 'n ware pes was. Oom Gert het vertel dat dit daar beland het in perdevoer van die Kakies wat op die plaas aangekom en uitgespan het. Ongelukkig kan ek die naam van die onkruid nie onthou nie.

'n Ruk later was daar ook 'n Boere kommando in die omgewing en het 'n skermutseling tussen Boer en Brit gevolg. Swaer Fanie Mller was toe omtrent 9 jaar oud. Hy het later vertel dat die geweerskote tydens die skietgeveg geklink het soos mense wat met hamers op die sinkdak van die skuur kap.

By die aankoms van die Boere kommando op die plaas het oom Gert een van sy werkers te perd na sy buurman gestuur om hom te waarsku dat hy sy skape bymekaar moet maak en laat oppas.

Ongeveer 2 km van die plaasopstal, bokant die dik doringbome aan die oewer van 'n riviertjie waar ook 'n klein waterval is en waarna die plaas, terloops, genoem is, is 'n dro drif. By sy aankoms daar het die werker mense te perd sien aankom. Hy het van sy perd afgespring en oom Gert se brief gou onder 'n klip versteek.

Di ruiters was 'n Boere kommando. Hulle het hom aangekeer en ondervra, maar hy het volgehou oom Gert het hom na 'n buurplaas gestuur het om te gaan skaap skeer.

By hul aankoms op die plaas het die Boere oom Gert daarvan beskuldig dat hy inligting oor hul bewegings na die Kakies gestuur het, en hom gevange geneem.

Al die mooipraat en gesoebat van sy vrou, seuntjie en twee dogtertjies het niks gehelp nie.

Ouma Mller het later vertel die kommandant was nog 'n jong man. Hulle het vermoed hy was die legendariese Gideon Scheepers.

Die Boere het oom Gert in sy perdestal opgesluit en vir ouma Mller ges sy moet maar vir hom gaan bid, want in die oggend voor sonop gaan hulle hom skiet. Sy en die kinders het daardie nag nie 'n oog toegemaak nie.

Vroeg die volgende oggend het hulle oom Gert uit die stal gebring om haar en die kinders te groet. Toe is hulle met hom na 'n doringbos by die wasklippe ``om die vonnis te voltrek''. Van die burgers het op hul perde geklim en in die rigting van Zeekoegat gery.

Ouma Mller het in spanning op die doodskoot gewag, maar niks gehoor nie. Sy en die kinders het na die doringbos gestap en oom Gert springlewendig gevind met sy hande aan 'n doringboom vasgebind.

Swaer Fanie, ook bekend as Louis Mller, het met verloop van tyd 'n Dorper skaapstoet op Klein Waterval tot stand gebring wat mettertyd landwyd bekend geraak het.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte