Ons Boere se Trotse Geskiedenis.

 

 

Boere Stories en Staaltjies.

 

Nog 'n Vryheidsoorlog-storie.

My vader was 'n Kaapse rebel, en 'n penkop van sowat vyftien jaar in die Tweede Vryheidsoorlog. Die penkoppe het verskeie onnutsige dinge aangevang. Daar was een gebeurtenis wat Pa sy hele lewe lank onthou het.

Die kommando het 'n Britse koskonvooi voorgelê en die soldate wat die waens moes oppas, gevange geneem. Marthinus word aangesê om 'n middeljarige Britse soldaat op te pas. Dié gaan sit daar eenkant teen 'n miershoop, baie nukkerig dat 'n seun hom moes oppas. Dit was toe dat Marthinus besluit dat hy darem met meer gesag sy taak moes verrig. Hy haal sy laphoedjie van sy kop af, vat die soldaat se helm en plaas dit op sy kop, terwyl hy sy laphoedjie op die soldaat se kop sit.

Na 'n ruk brom die soldaat so onderlangs en al wat Marthinus kon uitmaak, was die woord hungry. Die konvooi het mos kos en die burgers was besig om die voorraad uit te pak. Marthinus het toe 'n groot tienpond-blik boeliebief nader gesleep, en dit voor die Tommie met 'n byl oopgekap. Met 'n groot stem het hy toe gesê: ``Eat''. Vir die Tommie was dit so snaaks dat hy begin lag het.

 

Boereoorlog Stories en Staaltjies.

 

 

Boereoorlog Stories, Staaltjies en Gedigte