Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Gulsige soldate los verrassing vir Boervroue.


'n Paar Skotte wat Boervroue se kos in die Anglo-Boereoorlog verorber het, is lelik verwens, min wetende dat diť Britte vir hulle 'n aangename verrassing agtergelaat het. Mev. Bokkie van Rooyen vertel:

Toe die son daardie oggend in Januarie 1901 opkom en sy strale deur die hoŽ bloekombome en sipresse voor die klip plaashuis gooi, het nie een van die
vier vroue - die moeder Catharina en haar drie dogters, Judie, Nellie en Tinie - kon droom wat hulle die dag sou beleef nie.
Die vroeŽ oggend geluide van die voŽls in die hoŽ bome, die gekraai van 'n enkele hoenderhaan en 'n blaffende hond, was soos diť van elke ander dag op die plaas Nuwejaarspruit, Ladybrand, naby Maseru, Basoetoeland. Moeder Catharina staan op die stoep en tuur die verte in na die pragtige blou berge oorkant die Caledonrivier.

Agter die huis is 'n berg, waar reeds geruime tyd 'n Skotse kommando op die kruin gevestig is. Hulle het die vroue nie na die konsentrasiekamp gestuur nie, omdat hulle alles wat op die plaas gebeur, kon waarneem. Hulle het ook geweet dat die burgers dit nie sou waag om met die vroue op die plaas kontak te maak nie, omdat hulle gesien sou word.
Die Skotte het gereeld op die plaaswerf en in die huis kom inspeksie doen en hulself aan lewende hawe, eiers, groente, ensovoorts gehelp.
Elkeen van die vroue het take gehad om elke dag te verrig. Judie, die oudste, se man is as krygsgevangene na Ceylon weggestuur. Sy het toegesien dat elke dag iets te ete op die tafel kom.

Nellie het elke dag die kinders na die waenhuis geneem waar sy vir hulle skoolgehou het. Sy het gemeen elke kind moet leer lees, skryf en somme doen. Tinie het elke dag haar moeder met huiswerk gehelp om alles netjies en skoon te hou.
Op diť besondere dag het alles dus normaalweg verloop. Daar was niks besonders vir middagete nie, maar Judie het besluit dat sy tůg iets lekkers gaan probeer berei. Sy maal toe mielies baie fyn, meng dit met water en rol dit in plat balletjies. Sy besluit om te probeer om bietjie smaak daaraan te gee deur 'n bietjie suiker bo-op elke balletjie te strooi voordat sy die pan in die oond steek.

Toe gaan stap sy gou veld toe om 'n bossie mooi grassade vir haar blompot op die tafel te pluk.
Nadat alles gereed is, slaan sy met die yster teen die ploegskaar wat op die stoep hang om vir Nellie en die kinders te laat weet dat dit etenstyd is.
Meteens hoor hulle perdepote klap en die geskreeu van die Skotse soldate op die plaaswerf.
Verskrik staan die vier vroue in die kombuis langs mekaar, met rokke wyd uitgehou en die kinders almal agter hulle.
Met vrees en bewing hoor hulle hoe elke vertrek in die huis deurgesoek word. NŠ 'n ruk het dit stil geword en kon hulle die perde hoor weggalop.
Almal stap toe eetkamer toe om te gaan eet. Maar al wat hulle op die netjiese gedekte tafel kry, was die leŽ pannetjie, waarin die heerlike mielierolletjies was.

Die Skotte het alles opgeŽet!
Al die vroue was bitter kwaad.
Judie vra vir Nellie: ``Wat kan ons doen?''
"Vloek hulle, vloek hulle,'' kom die antwoord.
"Ek weet nie hoe om in Engels te vloek nie,'' sÍ Judie.
Waarop Nellie antwoord: ``Ag man, sÍ sommer dÍssit!''
En soos die Skotte verder galop, skreeu sy hulle agterna: ``DÍssit! DÍssit!''
Later kry hulle op die tafel, by die leŽ pannetjie, 'n paar goue pondstukke wat deur die Skotte daar gelaat is.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte