Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Boere-Wallieser.

In die laat 1800's was liefde oor die taalgrens heen so te s verbode. Toe Piet Retief se agterkleindogter dus op die Wallieser James Jones verlief raak, was al raad hy moes verafrikaans.

'n Engelssprekende Oos-Kapenaar met Walliese wortels ontmoet 'n Afrikaanse boeremeisie in die Transvaal. 'n Pretorius-nooi, van die Voortrekker-familie, nogal. Hy kan nie juis Afrikaans praat nie, sy praat ook nie Engels nie.

Dit lyk na 'n onwaarskynlike, onvolhoubare verbintenis, verlore in vertaling. Maar vir 'n jongman op 'n missie en 'n verliefde vrou bestaan daar nie grense nie, nie eens taalgrense nie. Kort voor lank jaag hulle hul skape in een kraal  aan die Afrikaanse kant van die draad.

'n Mens hoor gereeld van mense wat verengels, maar mense wat verafrikaans is minder volop. Bettie Pretorius, agterkleindogter van Piet Retief, het haar hart wel op 'n Engelsman verloor, James Jones, maar sy het vinnig van hom 'n Afrikaner in murg en been gemaak en Afrikaans hul huistaal gemaak.

Die storie van hierdie deel van die Jones-familie in Suid-Afrika begin reeds twee geslagte vroer.

James se oupa, Henry Jones, het vermoedelik vroeg in die 1800's van Wallis na Suid-Afrika verhuis.

Hy was 'n skoolmeester in Uitenhage in die Oos-Kaap en dis waar James se pa, ook Henry, gebore is.

James is op 14 Desember 1864 in Jansenville gebore, waar sy pa, Henry jr., ook 'n onderwyser was. Henry jr. is op 'n jong ouderdom, in sy dertigs, aan longontsteking oorlede. Teen daardie tyd het hy reeds agt kinders gehad, onder wie James Christian Jones.

James se ma, Jane, het met die hande in die hare gesit. Sy het uiteindelik saam met haar oudste dogter, Emily Ann, en di se man, Michael Joseph Adendorff, Transvaal toe getrek.

James het gou 'n Transvaler geword, 'n Boer in elke sin van die woord. Des te meer toe hy op 2 November 1891 met Elizabeth Wilhelmina Pretorius (Bettie) getroud is.

Die Jones-egpaar was nie wafferse boere op die stuk grond wat Bettie gerf het nie. Dit was deel van die groot plaas Welgegund waar die befaamde kanonnier Lood Skote Pretorius en Gustav Preller ook gewoon het.

Hulle het wel met kinders gewoeker: Voordat die Anglo-Boereoorlog uitgebreek het, het Bettie reeds vyf kinders gehad.

Dit was vanselfsprekend dat James vir die Boere sou veg in die oorlog. Hy was op veral een gebied 'n groot aanwins: Hy kon vlot Engels praat. Die Boeremagte het hom gereeld as tolk ingespan wanneer daar met die Engelse troepe gekommunikeer moes word.

Maar sy diens aan die Transvaal is kortgeknip toe hy op 28 Julie 1900 op 35-jarige ouderdom in Pretoria krygsgevangene geneem en Indi toe gestuur is. Bettie is na 'n konsentrasiekamp geneem, waar sy geboorte aan die sesde van hul 18 kinders, Jacobus Wilhelm, gegee het, maar hom aan die dood afgestaan het.

James het n die oorlog teruggekeer, verbitterd teenoor die Engelse, maar vasbeslote om die stukke weer op te tel.

Al die Jones-kinders het Afrikaans grootgeword. Hulle het ook in Afrikaans skoolgegaan, by 'n plaasskooltjie wat later die Laerskool Broederstroom sou word.

Die 67-jarige Johan Pretorius het daar skoolgegaan saam met van die Jones-kleinkinders. Ek gaan gesels met hom op die stoep van sy plaashuis in Broederstroom. Hy is 'n dorp ontwikkelaar en agter-agterkleinkind van die twee broers na wie Broederstroom vernoem is Bart en Piet Pretorius.

Johan onthou baie stories wat sy oupa Andries oor die Jones-gesin vertel het. Hulle was 'n vreemde klompie, effens anders as die res van die kontrei se mense.

So het Oupa Andries byvoorbeeld vertel die Jones-kinders het nie soos ander kinders te perd by maats gaan kuier nie, hulle het osse opgesaal en dit soos perde gery.

Vier van die klomp Jones-kinders het in hul volwasse jare in die Broederstroom-omgewing gewoon. Buiten hul van het die broers Boet, Stan, Martiens en Frans nie veel meer gemeen gehad nie.

Volgens Johan was Boet 'n goeie, standvastige man, die plaaslike haarkapper en ook 'n boer. Hy het 'n stuk grond buite Broederstroom gehad wat deel van sy oupa se plaas was.

As boer het Boet 'n redelike bestaan gemaak, maar hy was eintlik bekend om sy span osse. Boet het 'n span van 16 osse met die hand grootgemaak en hulle geleer om self te ploeg sodat dit nie nodig was om die osse te lei nie.

Die Jones-kinders het nie soos ander kinders te perd by maats gaan kuier nie, hulle het osse opgesaal en dit soos perde gery.

Mense het dikwels bespiegel oor waar hy dan aan hierdie goeie osse van hom kom. Inderwaarheid is sy span osse uit 'n bron net 'n paar kilometer padlangs aangevul, danksy Boet se sakevernuf en Gustav Preller se liefde vir onthaal.

Preller het op die nabygele plaas Pelindaba gewoon en goeie, rasegte osse gehad. Maar hy het nie ewe graag osse opgelei as wat hy mense onthaal het nie.

So het Boet telkens wanneer Preller 'n partytjie hou en 'n ekstra geldjie nodig gehad het, 'n paar osse teen 'n winskoop gekry.

Boet het later jare na Rhodesi verhuis en nie weer teruggekom nie. Daar het hy en sy gesin weer verengels.

Martiens was die Jones-gentleman, altyd netjies genoeg om deur 'n ring te trek. Johan onthou hy het altyd op 'n spoggerige wit perd met blink kamaste rondgery en 'n klomp pragtige en fynbesnaarde dogters gehad.

Stan en Frans, aan die ander kant, was moeilikheid makers wat graag 'n paar doppe weggeslaan het en dan gaan skoor soek het by die mense in die omgewing. En as hulle nie 'n geveg in hul eie omgewing kon kry nie, het hulle sommer die pad Krugersdorp toe gevat om 'n myner te gaan moker.

Die oorspronklike Jones-plaas is in die 1940?s verkoop. James en Bettie was al bejaard en het eers by James se suster op Tuinplaas op die Springbokvlakte in Limpopo gaan woon en later by 'n ander suster op Louis Trichardt, waar James dood is.

Bettie het n sy dood teruggetrek Pretoria toe en by haar kleinseun Bert van der Wal in Paul Krugerstraat gaan woon tot haar dood. Albei is in die Jones-familiebegraafplaas op die plaas Welgegund, op die grond oorkant Pelindaba, begrawe.

James se begrafnis was 'n belangrike gebeurtenis vir die betreklik klein gemeenskap. Andries Pretorius, oupa van Johan Pretorius, is as gesiene man in die gemeenskap gevra om iets oor Jones te s.

Andries het graag 'n paar gevleuelde woorde gespreek en het by di geleentheid ook nie die kans laat verbygaan nie. In sy begrafnisrede het hy die lof van Jaamis Joonis besing  so op Afrikaans omdat die man in sy leeftyd heeltemal verafrikaans het.

Hoewel die begrafnis gangers dit vermaaklik gevind het, het hulle dit nie durf waag om Pretorius daaroor te terg nie en die Afrikaanse uitspraak het deel van die spreektaal geword.

Hy vertel sy oupa was so Afrikaner as wat kon kom. Hy het min tyd vir die Engelse gehad, veral nadat Jacobus in die konsentrasiekamp dood is.

Bert onthou sy oupa as 'n korrelkop wat respek afgedwing het, iemand wat nie twak gevat het nie.

Hy het sy gesin met 'n ysterhand regeer en selfs die kleinkinders was lugtig vir hom. James het al wat 'n kind is, dogter of seun, ingespan om op die plaas te help ploeg en plant en wat nog alles.

Sy ouma Bettie was 'n goeie vrou, groot van lyf en saggeaard. Bert se helderste herinneringe aan haar is met haar kierie op die werf.

Bert sorg dat die Jones-begraafplaas skoongemaak en versorg word. So word hierdie onverskrokke Anglo-Afrikaner-familie se nalatenskap bewaar.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte