Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Kamp van smarte koue en honger, Norvalspont.

Johan de Beer.


Ouma Sannie wou nooit toelaat dat ek haar opneem as sy oor die smartkamp vertel het nie. Sy het altyd ges: As die Engelse my n hoor . . .Ouma Sannie is Johan se oorlede vrou, Santa, se ouma en sy het in die Luckhoff-distrik op die plase Uitkyk en Deelfontein gebly.

Johan het egter skelm 'n mikrofoon in 'n bos blomme gedruk en ouma Sannie oor die konsentrasiekamp op Norvalspont gepols. S het hy haar opgeneem sonder dat sy weet.

Een van die Britse soldate is met 'n boeredogter agter 'n bos betrap waar hulle gepollevink het. Toe die dogter swanger raak en haar ma daarvan uitvind, het die moeder ges sy wil niks met haar dogter te doen h nie, want die kind het basterbloed. Daar was '

'n predikant van Beaufort-Wes, ds. Van der Merwe, wat die kamp bedien het. Hy het die ma gesoebat, maar dit was vergeefs.

Die vroue het die le blikkies binne die vyf-tre-by-vyf-tre-tent as 'n vloer gepak. Daar het tot 12 mense in so 'n tent gebly.

Die rantsoene was skraps. Elke vrou het ?n twaalfde blikkie kondensmelk vir haar en haar gesin gekry. Ook 1 oz sout en 1 oz suiker.

Die Tommies het 'n hele blikkie kondensmelk per dag gekry.Ouma Sannie het aan Johan vertel hoe koud hulle gekry het. Hulle is in bees trokke tot op die Norvalspont-stasie aangery, van waar hulle te voet tot by die kampterrein gestap het.

Daar was een aand 'n reuse- sneeustorm. Alles en algar was gou waternat. Van tente wis ons niks, net van huise. Ons kon niks sien nie, dit was pikdonker. Toe hoor ons 'n dun, skerp, huilstemmetjie so al op die wieke van die windjie, vertel ouma Sannie op die opname van Johan.

Tant Bettie (Sannie se ma), my tent l al, kom help tog! Die noodroep het gekom van tannie Kruger, van die buurtent.

Die Britte se uitkykpunte, netjies gestapelde klipskanse, staan steeds op die koppies om die terrein. Die kamp was nooit omhein nie en sowat 3 500 mense het in die kamp gebly.

Die klippe wat gepak is om strate tussen die tente te vorm, l ook nog in rye. Dit was 'n baie netjiese kamp en die kamp-kommandant, ene Cole-Bowen, was redelik goed vir die mense in die kamp.

Die Kakies se tente was heelwat groter as di van die boere en klippe wat om hul ovaalvormige tente se rante gepak is, l steeds onaangeraak.

Daar was talle siek, lam en tam mans in die kamp. Hensoppers ook.

Die siekes, lammes, tammes n die hensoppers moes stene maak, bouwerk doen en skoenmakers wees.

Van die vroue het die hensoppers s verafsku, hulle het die verraaiers in die toiletsloot gegooi.

Die toiletsloot, beduie Johan, was 'n lang sloot met dwarsbalke oor waar mense hul draai moes loop. Jy moes jou sit ken om nie in te val nie. Van die vroue het die hensoppers daar ingestamp wanneer hulle gaan sit het.


Sulke moeilike vroue is apart in die cage aangehou en hul rantsoene is met die helfte gesny. Hulle het onder meer net 'n sestiende van 'n blikkie kondensmelk per dag gekry.

Sondae is daar in die skadu van 'n koppie kerk gehou. Die preekstoel was 'n reuse-klip waarvan die onderste gedeelte nog staan.

Ouma Sannie het vertel die kerkdienste was die hoogtepunt van hul week.

Die sing van psalms en gesange het hulle moed gegee.

Ruwe stormen mogen woeden,

alles om mij heen zij nacht,

God, mijn God zal mij behoeden,

God houdt voor mijn heil de wacht.

Moet ik lang zijn hulp verbeiden,

zijne liefde blijft mij leiden:

door een nacht, hoe zwart, doe dicht,

voert Hij mij in t eeuwig licht.

Dekades nadat die kamp in 1902 gesluit en die mense terug na hul plase is, was die wonde oor dt wat in die kamp en oorlog gebeur het, nog rou.

Volgens Johan was ouma Sannie 'n bitter sagte vrou en klein van postuur.

Haar seun bring toe eendag 'n nooi op die plaas aan. Toe Ouma sien wie se dogter dit is, verbied sy haar seun om ooit weer die meisie na die plaas te bring. Sy was die dogter van 'n joiner, 'n verraaier.

Die skande loop in die bloed, het ouma Sannie ges.

Die Norvalspont-konsentrasiekampterrein is op 'n private plaas en is nie oop vir die publiek nie.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte