Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Dapper Franse generaal sterf vir die Boere se saak.

Dit was aandoenlike toneel met maanlig wat op die wit kalk muur en sipresse van die begraafplaas in Boshof geskyn het terwyl 'n Franse generaal met volle militÍre eerbewys deur Engelse soldate begrawe is. Hy was graaf Georges de Villebois-Mareuil, die dapper krygsman wat soos 'n Boere-generaal in die Anglo-Boereoorlog geveg het. Vandag is sy grafsteen nog in Boshof se begraafplaas, maar sy graf is leeg, want hy is by Magersfontein herbegrawe.

TER voorbereiding van die Anglo-Boereoorlog het genl. Jan Smuts voorsien dat die vernuf van 'n opgeleide militaris bekom moes word om die Boere raad te gee. Omstreeks dieselfde tyd het Frankryk 'n militÍre krisis met 'n dreigende revolusie beleef.
Kol. De Villebois, wat 'n briljante rekord as soldaat gehad en roem met die skryf van militÍre boeke en romans verwerf het, was uiters gefrustreerd oor die omvang van die probleme in Frankryk, wat die eer van sy leŽr op die spel geplaas het.
Dit het hom genoop om 'n brief aan dr. Willem Leyds, gevolmagtig gesant van Transvaal in Brussel, te skryf: ``Die spanning in die diplomatieke verhoudinge tussen die Suid-Afrikaanse republieke en Engeland kan aanleiding tot 'n oorlog gee. In geval dit sou gebeur, het ek die eer om te dien vir die saak van u land deur my swaard op te neem.''

De Villebois is nŠ sy aankoms na Natal, waar hewige gevegte onder aanvoering van kmdt.genl. Piet Joubert gewoed het. Vandaar is hy na die omgewings van Kimberley, Magersfontein en Perdeberg.
Dit moes vir hom 'n groot teleurstelling gewees het dat nog Joubert nog genl. Piet Cronjť en ander Boere-offisiere veel ag op sy raad geslaan het. Geen erkenning is aan hom as opgeleide militaris gegee nie.
In 'n gemoedstoestand van pessimisme en smeulende woede omdat die Boere nie hom wou luister nie, is De Villebois na Kroonstad, nŠ die inname van Bloemfontein, nuwe hoofstad van die Vrystaat, waar op 17 Maart 1900 'n vergadering deur die Oorlograad gehou is. Met De Villebois se aankoms het presidente Paul Kruger en M.T. Steyn opgestaan om hom te groet en Kruger het gevra hy moet langs hom sit.

Tot sy verbasing is hy as bevelvoerder van die Vreemdelingelegioen aangestel, met die rang van generaal. Onder hom was Franse, Hollanders, Duitsers, Iere, Amerikaners, SkandinawiŽrs, een Italianer en selfs Suid-Afrikaners.
Hy is na Hoopstad, waar hy perde en voorrade bekom het. Sy doel was om die spoorlyn by Modderrivier, suid van Kimberley, met dinamiet te gaan opblaas. Die spoorlyn was die verbinding van die Kaap met Kimberley, en van groot belang vir die Britte.
Boshof was op sy pad, en hy het besluit om diť dorp, wat deur sowat 400 Britse soldate beset was, aan te te val. Op 3 April het sy mag op Leeukop, 25 km noord van Boshof, aangekom. Daar het hulle 'n Boeremag onder aanvoering van 'n veldkornet Daniels ontmoet. Laasgenoemde se mag moes om Boshof trek, die telefoondraad na Kimberley afsny, terwyl De Villebois-hulle die dorp van die oostekant aanval.

Intussen was die Britse lord Me thuen se mag aan die opruk na Boshof, waar dit tot 7 000 man aangevul is. Daniels het dit gehoor en aan De Villebois gesÍ dit sou dwaas wees om met sy plan voort te gaan. Die Fransman het besef hy het te min mense en het hul reis in die nag voortgesit.
Die Fransman en sy manne het in die donkerte verdwaal en op 5 April om 01:00 op Spitskop, noordoos van Boshof, aangekom, waar hulle twee uur lank gerus het.
Toe hulle moes opsaal, het die Hollanders gekla hul perde se kondisie is te swak. De Villebois het bevind hulle het geen rede tot klagte nie, en omdat hy nie ongewillige kon duld nie, hulle gevra om te gaan. Sy mag is met 20 verminder. Met dagbreek het hulle Boshof in die verte gesien, maar suidwaarts beweeg en op Merriesfontein van die winkelier Lewis Beck aangekom.
Hy het gesÍ hulle kan nie daar bly nie, aangesien Britse patrollies die plaas daagliks besoek het. Teleurgesteld en uitgeput het De Villebois-hulle verder gery tot by 'n paar koppies suid van Pionierskoppie op die plaas Kareepan, waarvan die eienaar, Hendrik Groenewald, 'n gevangene in Kimberley was. Hulle het besluit om hier te rus. Die perde het gewei terwyl die soldate onder die koeltebome geslaap het.

Net nŠ hul vertrek van Merriesfontein het Beck in 'n skotskar na Boshof gery, terwyl 'n swart man haastig op 'n perd geklim en hom gevolg het. Teen 10:30 het Methuen geweet waar De Villebois was. In sy amptelike verslag het hy gesÍ hy het die inligting van twee swart mans gekry. Kort nŠ 11:00 het hy met 750 man en artillerie, gelei deur die informante, na Kareepan vertrek.
'n Rukkie tevore het twee vroue, 'n mev. Ryneveld en mej. Enslin, in die winkel waar hulle inkopies gedoen het, gehoor twee swart mans sÍ aan die eienares, 'n vrou met 'n Britse van, hulle het haar nota aan Methuen oorhandig. Die twee het verraad vermoed en onmiddellik vertrek. Op pad in die rigting van Kareepan het twee Engelse hulle voorgekeer en aangesÍ om hulle te vergesel.
Hulle is versteek agter 'n koppie waarop 'n Maxim-masjiengeweer was. Nie lank daarna sou hulle die onwillige toeskouers van 'n groot geveg wees. (Enslin is later met kmdt. Chris van Niekerk, latere President van die Senaat, getroud.)

Omstreeks 13:30 het De Villebois besef die Engelse is op pad. Hulle het op die koppies stelling ingeneem. Ongeveer 700 m noordwes was ander koppies waarvandaan die Britse aanslag sou kom. Van die Boere het gesien die Britse oormag was te groot en het weggejaag terwyl die Britse mag 'n knyptang-beweging agter hulle gesluit het.
Omstreeks 14:00 het die geveg begin en van De Villebois se manskappe het gesneuwel. Die res wou oorgee, maar die generaal wou tot die bittereinde veg . Hy het gehoop 'n dreigende donderstorm sou 'n oplossing vir sy benarde posisie bied, maar nie 'n druppel reŽn het geval nie net koeŽls en bomme.
Langer as vier uur het die Gideonsbende uitgehou, totdat skrapnel De Villebois in die hart getref het minute later het die donderstorm losgebars .

Sy fanatieke, ridderlike trots het De Villebois se dood en diť van nog agt ander van sy manskappe veroorsaak. Die wit vlag is gehys.
Agter die koppie het die twee Boervroue die Engelse se juigkreet gehoor. Hulle is toegelaat om in die gietende reŽn hul reis voort te sit. en het laatnag eers hul bestemming bereik.
Die oorblywende 51 Boere is gevang en het die nag saam met die 11 gewondes in die huis op Kareepan deurgebring. Hulle was verbaas om geen vyandigheid van die oorwinnaars te ondervind nie, maar net vriendelikheid.
Teen skemeraand van 6 April 1900 het kol. Kekewich met 1 500 Engelse soldate na die kalkklip-ommuurde begraafplaas opgemars vir die begrafnis van De Villebois. Die Britse bevelvoerder lord Roberts het opdrag gegee dat hy met volle militÍre eerbewys begrawe word. In sy dagboek het Methuen geskryf:

"I have never seen so beautiful or impressive a scene, the moon giving light to the little Dutch churchyard surrounded by cypresses.''
Die Engelse gesneuweldes is daarna begrawe, terwyl 'n NG leraar terselfdertyd die Boere in die suidelike deel van die kerkhof begrawe het.
Een van die Engelse wat gesneuwel het, was sers. Patrick Campbell, vervreemde man van die bekende aktrise vir wie die dramaturg George Bernard Shaw spesiaal Pygmalion geskryf het. Sy het 'n hegte vriendskap met Shaw gehad. Sers. Campbell is naby De Villebois begrawe.

Sowat twee maande later het Methuen 'n brief aan die enigste kind van De Villebois geskryf die 16-jarige Simone wat wees gelaat is. (Haar ma is vyf jaar tevore dood.) In die koevert was ook 'n foto van die marmer grafsteen wat Methuen laat oprig en waarvoor hy self betaal het. Op die steen staan in Frans: ``Ter herinnering aan graaf De Villebois-Mareuil, in lewe kolonel van die Vreemdelingelegioen in Frankryk en generaal van Transvaal. Gesneuwel op die slagveld naby Boshof op 5 April 1900 in sy 53ste jaar.'' D
vir sy stoflike oorskot in 1969 by Magersfontein herbegrawe is, omdat dit sy wens was om begrawe te word waar hy sneuwel. Die rede vir sy herbegrafnis was omdat baie meer mense Magersfontein as Boshof besoek.

Die Franse het van hom 'n nasionale held gemaak. Talle monumente is vir hom opgerig, onder meer in Nantes, Montagu en Grez-en-Bouťre. In die Notre Dame in Parys is 'n gedenkdiens gehou wat deur 10 000 mense bygewoon is. Daar is ook 'n gedenkteken op die slagveld by Boshof onthul, terwyl sy dapperheid ook in die Chris van Niekerk-museum in diť dorp vir die nageslag uitgebeeld word.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte