Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Voormalige president van VSA het Boere bewonder.


Die beroemde Amerikaanse President Harry Truman, opvolger in 1945 van Franklin D. Roosevelt, was in sy jeugjare 'n groot bewonderaar van die Boere vanweŽ hul oorwinning in die Slag van Magersfontein oor die keur van die Britse leŽrmagte 'n eeu gelede.

Truman se grootste begeerte sy hele lewe lank was om die terrein van die slag naby Kimberley te besoek. Ongelukkig kon dit nooit vir hom gereŽl word nie.
Ek was in 1946, nŠ die Tweede WÍreldoorlog, saam met genl. Jan Smuts na Flushing Meadows buite New York om die vredesverdrag op te stel. Sir Winston Churchill was ook daar en Truman het ons daar besoek. Smuts het kort voordat Truman opgedaag het, aan my gesÍ 'n groot Amerikaanse staatsman wou my graag ontmoet omdat ek van die Vrystaat kom.

Ek was verbaas en ook bekommerd toe ek hoor dit was Truman, want hy het pas twee atoombomme op die Japanse stede, Hirosjima en Nagasaki laat werp wat die stede heeltemal verwoes het maar die Tweede WÍreldoorlog ook summier beŽindig het.

"Hoekom wil Truman my sien?'' het ek verbaas gevra.
"Dis omdat jy 'n Vrystater is en jou pa en sy broers in die Boereoorlog onder generaals Cronje en De la Rey geveg het om die groot Britse LeŽr by Magersfontein te verslaan,'' het Smuts geantwoord.
Smuts het Truman van die slag en my verbintenis daarmee vertel en laasgenoemde het toe die wens uitgespreek om met my daaroor te gesels.
Ons het na sy president kantoor gegaan, waar hy my meegedeel dat hy ten tyde van die vorige oorlog 'n jong seun van 16 tot 18 jaar was. Hy het die Boere bewonder.

Hy het my gevra of ek ooit die slagveldterrein van die Boere-oorwinnings in die Vrystaat besoek het. Toe ek antwoord dat ek nooit daarin belang gestel het nie, het hy my terdeŽ die kop gewas. ``Jy behoort jou te skaam,'' het hy my onthuts toegevoeg.

Hy het gesÍ sy grootste begeerte was nog altyd om daardie plekke waar die groot Boere-oorwinnings plaasgevind het, te besoek. Hy het versoek dat ek nŠ my terugkeer in Suid-Afrika daardie slagvelde besoek en vir hom verslae te stuur oor hoe die terreine lyk Ek moes ook reŽl dat hy daardie slagvelde besoek.

Truman het my ook genooi om wanneer ek Amerika besoek met hom in aanraking te kom vir besprekings van die Boere se groot suksesse in die Boereoorlog.
Ongelukkig het ek nooit die tyd kon vind om die slagvelde te besoek nie en ek kon dit ook nooit gereŽl kry dat Truman Suid-Afrika besoek nie. Ek het egter tot die einde van sy lewe met hom in verbinding gebly en dikwels in New York en Washington lang ente saam met hom gaan stap meestal deur die Neger-buurte in diť groot stede. Die Negers was altyd bly om hom te sien en het hul ``keppies'' gelig en gegroet wanneer hy verbykom.
Hy is op 26 Desember 1975 in sy 88ste jaar oorlede. Genl. Dwight Eisenhower het hom as president opgevolg. Biograaf van J.C. Smuts.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte