Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


`Totdat ek my Gideonsbende het' S lank wou M.T. Steyn die stryd volhou.


Na die val van Bloemfontein was die Boere ontmoedig en 'n krygsraad vergadering is vandag 'n eeu gelede op 17 Maart 1900 in die nuwe hoofstad, Kroonstad, gehou om hul krygstaktiek in die Boereoorlog te verander. Dit was die begin van die guerrilla-fase waarin die Boere die Britte die volgende 18 maande op hul herrie gegee het.

MET die naderende soldate feitlik in Bloemfontein vaardig pres. M.T. Steyn op 12 Maart 1900 'n proklamasie uit waarin bepaal word dat Kroonstad tot nadere kennisgewing ``die Hoofdplaats en zetel der Regeering sal zijn''. Die Vrystaatse regering vertrek dieselfde aand met sy amptenary, onder andere Thomas Brain, Jack Brebner, Alfred Roberts, Poultney, Gordon Fraser en Rocco de Villiers daarheen.

Van die ander amptenare het vroer reeds per trein vertrek. Toe Steyn Bloemfontein verlaat, vra 'n grysaard hom: ``President, hoe lank is jy van plan om die stryd vol te hou?''
"Totdat ek my Gideonsbende het,'' was die antwoord.

Een van die eerste take van die regering was om die krygstaktiek te wysig om die indruk dat die Boere 'n vergeefse stryd gestry het, te te werk en die moreel onder die burgers te herstel. Met die oog hierop het die staatshoofde van die twee republieke, presidente S.J.P. Kruger en Steyn, besluit om op 17 Maart 'n bre krygsraad vergadering in Kroonstad te hou ``om te beraadslagen wat te doen''. Hulle en die krygsowerste sou die uiters belangrike vergadering bywoon.

Die aand van die 16de het Kruger met 'n spesiale trein uit Pretoria vertrek. Hy is vergesel deur Piet Grobler, Frikkie Eloff, dr. Heymans en 'n afdeling polisie. Voor dit het hy eers van die balkon van sy reiswa 'n skare toegespreek. Hy het hulle aangemoedig om slegs in God en Sy Woord te glo, want alleen dan sou die oorwinning behaal word.
Sy wens was dat as hy die woorde ``Vrees niet'' aan alle offisiere en burgers kon toeroep, hulle dit tog kan verstaan.
Kruger is die 17de geesdriftig in Kroonstad deur Steyn, P.J. Blignaut, die Vrystaatse regering sekretaris, en 'n groot aantal gewapende burgers ontvang. Ondanks gietende ren het die burgers op die markplein saamgedrom om Kruger, Steyn, kmdt.genl. Piet Joubert en hoofkmdt. C.R. de Wet aan te hoor. Kruger het in dieselfde trant as met sy vertrek uit Pretoria die burgers aangemoedig om, in vaste vertroue op God, met verenigde kragte te bly voortveg vir hul vryheid en geensins ontmoedig te voel omdat Bloemfontein in Britse hande geval het nie.

N hom het Steyn 'n vurige beroep gedoen op die burgers om die stryd kragdadig voort te sit. Ook Joubert het benadruk dat geen rede bestaan om ontmoedig te wees nie. In die slottoespraak het De Wet Piet Cronj se oorgawe, die geveg by Driefontein en die val van Bloemfontein behandel. Hierna het ds. Van der Lingen roerend in gebed by God gepleit om aan die Boere die oorwinning te skenk.

Die krygsraad vergadering is deur 22 krygsoffisiere bygewoon, afgesien van Kruger, Joubert en Steyn wat as voorsitter opgetree het. Die groot vraag waaroor die raad uitsluitsel moes gee, was die wyse waarop die Boere die oorlog moes voortsit. Moes hulle die vyand in vaste stellings op die front inwag of was daar 'n alternatief?
'n Tweede saak waaroor besluit moes word, was waar en wanneer die nuwe krygstaktiek in werking gestel sou word. Steyn, wat homself as 'n leek op die gebied van oorlogvoering beskou het, het hom ge roepe gevoel om raad te gee oor die nuwe krygstaktiek veral nadat hy die voorafgaande maande die verloop van die oorlog deeglik bestudeer het. Sy wenk was dat afgesien moes word van die vaste defensiewe stellings in die front van die vyandelike lers en eerder offensief opgetree moes word.

Dit is met groot geesdrif ontvang. Selfs De Wet, wat beskou word as die vader van die defensiewe krygstaktiek, het dit met entoesiasme begroet. ``Wij moeten den vijand onophoudelijk snel en die onverwachts aanvallen'' verklaar hy.

Joubert stel voor dat die kommando's in kleiner eenhede uitgaan om die vyand aan te val en hul kommunikasielyne te sny. Veelseggend was dat ook voorgestel is dat die kommando's sonder waens moet uittrek. Veral genl. Koos de la Rey het die groot wa-laer as die ondergang van die Boere gesien. Die voorstel is deur De Wet gesekondeer en is met groot geesdrif goedgekeur.
Die aanvaarding van die nuwe krygstaktiek het 'n reorganisasie van die Boeremag genoodsaak. Voortaan sou dit verdeel word in 'n groot aantal mobiele afdelings wat slegs deur enkele voertuie vergesel sou word. Oor elke 25 man sou 'n korporaal aangestel word om die toesig oor die burgers te vergemaklik. Die korporaal moes verslag aan die veldkornet doen.

Die krygsraad het ook 'n ander belangrike besluit geneem en dit was om offisiere en burgers te skors as hulle aan pligsversuim en nalatigheid skuldig bevind is. Krygsplanne het dikwels in die verlede weens dit skipbreuk gely.
N die vergadering is 'n manifes waarin die besluite van die vergadering uiteengesit is, per telegraaf of deur rapport gangers onder die burgers versprei.

Omdat Steyn geglo het die burgers moes daadwerklik bemoedig word, het hy ook twee proklamasies opgestel. Die staatsdrukker in Pretoria het 'n oplaag van 10 000 gedruk en dit so gou moontlik aangestuur. Die eerste gerig aan die burgers van die Vrystaat, was een van die kragtigste oproepe wat nog aan hulle gerig is. Steyn verduidelik die ``verdeel-en-heers''- beleid van die Engelse. Hy stel dit duidelik dat die regering van die Vrystaat nog bestaan en sy pligte kragdadig nakom.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte