Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


`Vaderlandsliefde het uit die seun se hele wese gestraal'


Toe 'n Britse kommando die nag van 1 Maart 1901 in die distrik Hoopstad oornag het, het 'n spioen berig dat 'n Boere kommando op die plaas Smaldeel van die familie Greyling, sowat 50 km van die Britse kamp, oornag.

Kapt. J.E.B. Seely later generaal, minister van verdediging en bekroon met die ere-titel lord Mottistone en 'n afdeling Britse soldate het haastig daarheen afgesit. Toe hulle vroegoggend die plaashuis nader, het die Boere hulle gewaar en betyds weggejaag. Seely is na die plaashuis om uit te vind of daar nog ander mense is en om te probeer verneem waarheen die Boere op pad was.

Die elfjarige Japie Greyling het in die kombuis koffie gemaak. Toe hy die Britte sien, het hy uitgegaan. Die spioen by die Tommies kon Afrikaans praat en het aan Japie gevra waarheen die Boere op pad was. Hy het geantwoord dat hulle na hul kommando's is, maar wou nie s waar di was nie.

Seely het hom vererg en gedreig dat hy die seun sal doodskiet as hy nie praat nie. ``Skiet my maar dood,'' het Japie ges.

Japie se ma en susters was in die huis en kon hoor wat buite aangaan. Ou Sanna, die huishulp, was sowat tien tre van Japie af. Toe sy sien wat gebeur, het die angsbevange vrou huilend aan sy moeder gegil: ``Nooi! Hulle wil baas Japie doodskiet!''

Seely het in sy outobiografie, Fear, and be slain (1931) geskryf: ``Dit was onmoontlik om nie die onverskrokke houding van hierdie Suid-Afrikaanse seun, omring deur twintig van sy land se vyande, te bewonder nie.

``Ek het ges: `Waarheen het jou vader gegaan?' Hy het geantwoord: `Na sy kommando.'

`` `Dit weet ek,' het ek ges. `Waar is sy kommando? Sal jy asseblief vir my wys waar dit l?'

``Die seun het sy kop vooroor gebuig en het omtrent tien tellings lank stip op die grond gekyk; Toe kyk hy skelmpies op en s: `Ek glo nie ek kan dit vir u s nie,' '' skryf Seely in sy boek.

``Ek was aanspreeklik vir die veiligheid van my twintig man. Ek het geweet as die seun ons nie s in watter rigting die vyand l nie, is ons kans om veilig na die Britse linies terug te keer maar skraal; ons het immers geweet daar is sowat vierduisend Boere in ons omgewing, en die son sou nou-nou uitkom. Dus s ek vir die seun:

`` `Jy moet vir my s, anders word jy geskiet.'

``Hy lig toe sy kop op en s: `Nee, ek glo nie ek kan nie.'

``Ek wonder of ek reg gehandel het. Niks ter wreld sou my beweeg het om 'n haar van di dapper seun se kop te beskadig nie, maar ek dink dit was geregverdig om hom te probeer verskrik om s die waarheid uit hom te kry en die lewe van my manskappe te red. Die hele episode het minder as drie minute geduur. Ek s toe:

`` `Wel, as jy nie wil s nie, sal ons jou teen daardie muur sit en jou doodskiet.' Ek s aan die sersant: `Maak jou vuurpeloton gereed,' en fluister vir hom: `Natuurlik sal ons nie regtig die seun skiet nie.'

``Twee manskappe het vorentoe gekom en hom teen die muur laat staan. Ses manskappe het gekniel en hul gewere gelaai. Ek is heeltemal seker dat die seun geen idee gehad het van die geheime opdrag dat die manne in geen omstandigheid moes skiet nie. Toe s ek aan hom, terwyl hy met sy kop effens vooroor staan:

`` `S my nou gou waar l jou vader se kommando?'

``Hy het sy kop geskud. Ek s aan die sersant: `Laai!' Die ses manskappe het gelaai. `L aan!' Hulle l aan.

`` `Nou,' s ek, `s my nou gou voordat hulle skiet.'

``Toe sien ek een van die pragtigste dinge wat ek in my dag des lewens gesien het: Vaderlandsliefde en toewyding het uit die seun se hele wese gestraal. Hy het sy kop opgelig, my vol in die gesig gekyk, sy hande agter sy rug gesit en in 'n harde, helder stem ges: `` `Ek sal nie s nie!' ''

``Ek het vorentoe gestap, die seun se hand gevat en ges: `Ek hoop ons sal eendag weer ontmoet.'

``Solank ek leef, sal ek daardie wonderlike oomblik nooit vergeet toe liefde vir vader, tuiste en land oor dreigende en skynbaar gewisse dood getriomfeer het nie. Nooit sal ek die kyk op die gesig van daardie seun vergeet toe hy met sy kop fier orent en 'n glans in sy o ges het: `Ek sal nie s nie!' '' het Seely in sy boek geskryf.

Japie het jare later vertel dat toe die offisier s: ``Laai!'' het die ses soldate die geweertrompe hier voor hom na die grond gerig, die slotte oopgeruk en die patrone ingesteek. Toe het hulle aangel.

Toe Seely sy hand na hom uitsteek, het Japie gedink die offisier wil hom klap en het hy sy kop vinnig weggedraai.

Met die publikasie van Fear, and be slain in 1931 het Seely te kenne gegee dat hy die seun, wie se naam hy nie geken het nie, graag wou opspoor. Oor die boek en di wens is in koerante in Engeland en Suid-Afrika geskryf, maar Japie het die swye bewaar; hy wou nie na vore kom om heldedom op te eis nie.

Teen di tyd was hy reeds vasbeslote om nie bekend te maak dat hy die Japie Greyling is wat deur 'n gedig van Jan Celliers verewig is nie. Dit was 'n koerantkorrespondent op Bethlehem wat Japie, toe baas van die plaas Zonderhout by Slabberts, begin uitvra het.

Die pers het die storie van die opsporing en Seely se reaksie gepubliseer. ``Ek het so lank na hom gesoek dat dit na 'n wonderwerk voel dat hy gevind is.''

Voorin die eksemplaar van sy boek wat Seely aan Greyling gestuur het, staan in sy eie handskrif: ``To captain Jacob Greyling, South African Defence Force, whose courageous bearing and fearless answer earned the admiration and respect of a troop of English Horse and especially of myself, their commander, thirty-one years ago, I inscribe this book, rejoicing that the freedom of South Africa is now secure in the guardianship of Dutch and English alike. - John Bernard Seely. Mottistone Manor, Isle of Wight. Christmas 1931.''

Hy het dit op 6 Desember 1931 geskryf aan ``dear captain Greyling'' Japie het in 1922 die rang van kaptein in die weermag bereik nadat hy van 1921 af by die destydse Roberts Heights (later Voortrekkerhoogte) ten suide van Pretoria opgelei was en was daarna reserwe-offisier en sy vreugde uitgespreek oor ``die mees romantiese episode'' in sy lewe: Die opsporing van Japie Greyling.

Hy het in die brief ook melding gemaak van sy wens om Suid-Afrika weer te besoek, om ``sy vriende van alle partye, Hertzog, Smuts, Creswell en baie ander'', te sien, en het bygevoeg: ``Maar die interessantste ontmoeting sal di met u wees.''

Seely het wel na Suid-Afrika gekom, maar nooit weer vir Japie gesien nie, want hy het siek geword en moes terug huis toe.

Sy aide-de-camp, lt. A.A. Hawkins, het wel vir Japie op sy plaas gaan kuier.

Japie is in 1954 oorlede, sy vrou drie jaar later. Die laaste jare van hul lewe het hulle in Bloemfontein deurgebring, want hy het aan asma begin ly en die klimaat van Bethlehem het dit vererger.

Japie se seun, ook Japie, was al in st. 8 toe hy op 'n dag in die klaskamer die boek Kinderhelde van Suid-Afrika sit en lees. ``Ek sien jy lees van jou pa,'' het sy onderwyser opgemerk.

``My pa?'' Dit was vir hom nuus, het Japie jr. later vertel, want by sy pa self het hy nooit 'n woord gehoor van die voorval wat hom tot heldedom verhef het nie. Ook sy suster Martie, later mev. Havenga van Bloemfontein, het die storie by die skool gehoor. Sy het haar ma daarna gaan vra en gehoor wie haar pa eintlik is.

Die eerste vers van Jan Celliers se nabetragting in sy gedig Japie Greyling lui:

Sal Altorfs dal held Willem Tell

in beeldend brons voor o stel,

met Walter trou aan Vaders sy,

so stel ons fier en vroom en bly

ook in ons harte hoog 'n troon

vir moeder Greyling en haar soon;

en in die rolle van die faam

vra ons 'n plekkie vir hul naam.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte