Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


'n Koel op di dag `nie vir Boer bestem nie.


S vertel mnr. Peet Albertse: My oupa Dirk Albertse het vas geglo dat die burgers wat gevang en verban word, nooit weer sal terugkeer nie. Om di rede het hy seker gemaak dat hy nooit gevang is nie en het in die veld gebly tot aan die einde van die Anglo-Boereoorlog. 'n Bittereinder.

Hy s kort nadat die vyand Petrusburg beset het, het die kommandant sy oupa met 'n verslag gestuur wat hy by die landdroskantoor moes afgee vir deur sending na genl. Hetzog. Hoewel die kommandant vermoed het dat die Britte die dorp ``ingeneem'' het, was hy nie seker nie.
Hy het egter nie sy vermoede met die burgers van sy kommando gedeel nie. Terwyl Oupa ewe rustig, niksvermoedend op 'n draffie die dorp uit Boshof se rigting binnery, wag die kommando buite die dorp, agter Ongelukskop. Oupa dag die kommandant stuur hom omdat hy met die dorp en omgewing vertroud is.

Toe Oupa voor die landdroskantoor sy regtervoet uit die stiebeuel haal en sy been oor die perd se rug swaai om af te klim, spring 'n paar Kakies uit die gebou en skree: ``Hands up!''
Oupa skrik hom boeglam, maar gedagtig aan die verbanning, swaai hy sy been terug oor die perd en toe sy voet weer in die stiebeuel vastrap, skree hy: ``Hensop biedm,'' en druk sy hakke in die perd se lieste.

Om te verhinder dat die Kakies behoorlik kan korrel, laat hy die perd links en regs swenk terwyl hy in volle vaart terugjaag na die kommando. Die koels fluit om sy kop, maar hy kom veilig by die kommando aan.
Toe die kommandant hom 'n dag later meedeel hy het vermoed die Kakies het die dorp beset, was Oupa woedend en wou weet waarom die kommandant hom dan ``sy dood in stuur''. Die kommandant se antwoord was: ``Omdat ek geweet het hoe bang jy is om gevang te word. Ek wou nie dat die rapport in verkeerde hande val nie.''

N die oorlog het 'n boer, wat as krygsgevangene gewag het om gedeporteer te word en die landdroskantoor moes skoonmaak, Oupa vertel dat hy die hele petalje aanskou het. Hy het ges: ``Daar was daardie dag nie 'n koel vir jou gemaak nie, Dirk. Toe jy wegjaag, het 'n Tommie dooierus oor 'n boom se mik op jou aangel en sy magasyn twee keer leeg geskiet.''

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte