Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Drie vroue blaas stilletjies 'n ammunisie-wa van die Tommies op.


'n Onverwagse ontploffing in die Boereoorlog wat deur die dapper jongste suster van haar oupa aan moederskant en haar makkers veroorsaak is en wat die Britte 'n gevoelige slag toegedien het skrywe Mev. Ria Oosthuizen.

Debeya (Dewie) Maria Odendaal (gebore Vivier op 10 Mei 1879 in Standerton) en twee metgeselle was die oorsaak van 'n groot lawaai omstreeks 9 Junie 1901 in die distrik Vrede by Steel se Drif. Di drif is in die Kliprivier by Roodedraai in die ou Zuid-Afrikaanse Republiek.

Die vroue het nooit in die konsentrasiekamp beland nie omdat hulle bo-op die Rushoek- en Rustfonteinberge in 'n dwarskloof geskuil het.
Hulle het dikwels aan Boere-patrollies en verkenners kos en skuilplek gebied.
Op 'n dag het die drie benodigdhede gaan koop.

Percy Steel het 'n winkeltjie gehad waarin hy negosiegoed aangehou het dit was hul doelwit. Die sekelmaan het ver in die weste gesit. Dewie, Martina en Johanna Swart het van bos tot bos gesluip sonder om 'n woord te praat.
Niemand mag sien waar hulle vandaan kom nie en niemand mog weet waarheen hulle op pad is nie. Hul skuilplek was te kosbaar. Sou iemand hulle sien, was al die ander vroue en kinders in gevaar om na 'n konsentrasiekamp weggevoer te word.

Dus het hulle soos skimme beweeg, verby die murasies van eertydse wonings waarin gelukkige gesinne eens gewoon het. Hulle het die ou watermeule bereik, waarvan die meul stene verwyder is en by Van der Merwesdrif weggesteek was.
Die ou opstal naby die begraafplaas het spookagtig gelyk. As 'n mens 21 jaar oud is, al is jy dapper, is daar vrese vir die onbekende en ou tant Martina van der Merwe het glo nie in vrede gerus nie.
Haar ou man, Hans die vioolspeler, was al fluks aan die gang om weer 'n hele spannetjie Van der Merwetjies by sy tweede vrou bymekaar te maak.
Dewie-hulle moes deur die rivier gaan. Aan die Z.A.R.-kant was die walle nie so hoog nie, maar aan die Vrystaat-kant moes hulle maar klouter om bo te kom.

Een vir een het die drie versigtig deur die water op verskillende plekke deur die water gegaan en sou weer op die wal by krom boompie bymekaar kom. Elkeen se o en ore was wyd oop vir enige verdagte beweging of voorwerp.
Dewie, wat naby die wadrif was, het eerste stemme gehoor. Sy het geluister: Dit was die Rooi taal wat daar gepraat word! Daarvan het sy min verstaan.
Met die beskutting van die gras op die rivierwal het sy nader gekruip en die silhoet van 'n wa gesien. Drie mense het winkeltjie toe gestap. Die perde was uitgespan en juis vasgemaak aan die krom boompie waar die drie bymekaar moes kom.

Dit was 'n entjie van die wa af. Haar hart het in haar keel geklop. Sy het onthou om die patrys-roep te roep om haar maats te waarsku. Haar o was aan die donker gewoond en sy kon die wa goed bespied.
Die drie Tommies is die winkeltjie in en ou Steel het van geselskap gehou. Daar was nie 'n roering nie.
Op haar maag het sy geseil om ondersoek te gaan instel. Dit was 'n wa. Vaag kon sy die woord ``AMMUNITION'' uitmaak. Die een patrys het links van haar geroep en verder af ook die ander een. Sy het ook haar kode uitgeroep. Dit was nie honderd jaar nie en die drie het na mekaar toe gekruip. Op fluister toon is gesels.
Hulle het besluit al kos dit ook hul eie lewe, maar die ammunisie op die wa sal geen Boerekryger se dood veroorsaak nie. Die wa gaan opgeblaas word.

Takkies en gras is op die aste en wiele van die wa aan die kant weg van die winkel af gepak. Dewie het die ander twee gestuur om die wal te wag, want sy was die jongste en kon vinniger beweeg.
Versigtig het sy dit aan die brand gesteek. Sy wou seker maak hulle het hul werk goed gedoen, maar het net 'n oomblik te lank getalm voordat sy begin hardloop het. Die wa het met 'n geweldige slag ontplof en 'n stuk skrapnel het haar in die been getref. Haar twee metgeselle moes haar help om verder weg te kom.
Hulle het van hul klere verbande geskeur om die wond te verbind en die bloed te stop. So moes hulle die terugtog van sowat 16 km oor die berge aanpak. Hulle het toegesien dat geen spoor gelaat het wat deur die Engelse gevolg kon word nie. Ouma Dewie is in 1965 oorlede met die stuk skrapnel nog in haar been.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte