Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Dapper Boervrou waarsku soldate en het die Britse soldate naby Brandfort met waaiende kappie uitgewys.

Met haar wit kappie al waaiende het 'n Boervrou aanhoudend uit volle bors vir die Boere in die kop geskree: ``Die moer neukers l agter die damwal! Die moer neukers l hier agter die damwal!''

Dit is een van die verhale wat mnr. G.G. Steyn.
Hy skryf: "Wyle my skoonpa, oom Abraham Griesel van die plaas Rietspruit, Brandfort (1891 - 1969), was 'n seuntjie van agt jaar toe die ABO uitbreek.
Di nasaat van die Voortrekkers was die nakomeling van 'n Deense skipbreukeling-matroos, die Franse Hugenote, Duitse ambagslui en soldate en Hollandse vryburgers.
Van vaderskant was hy verwant aan pres. Paul Kruger van Transvaal en van moederskant aan pres. M.T. Steyn van die Vrystaat.

In sy Boere bloed het die vryheid vlam hoog gebrand.
Hoewel hy min skoolgeleerdheid gehad het, was hy 'n man van vele talente en baie belese. Op sy dag was hy onder meer distrik sprinkaanbeampte en Weneraadslid.
As kind het sy ouers op die plaas Cyfergat wes van Brandfort op die pad na Bultfontein geboer. Sy ou vader, oom David, het voor die uitbreek van die oorlog 'n aantal rye doringbome geplant waarvan die oorblyfsels vandag nog te sien is. Met die uitbreek van die oorlog was oupa David 'n baie sieklike man wat nie kon gaan veg nie.

Die gesin is geteister deur 'n gewapende swart kommando onder aanvoering van 'n verraaier (``national scout'').
My skoonpa was ook die ooggetuie van 'n skermutseling in die omgewing. Engelse soldate het op die plaas toegesak en hulself aan die pluimvee gehelp wat hulle met klippe doodgegooi het. Hulle het ook oupa David se mak ryperd saamgevat.
Oupa David is in 'n stadium blykbaar deur die Engelse laat vang en valslik daarvan beskuldig dat hy 'n swart man deur die Boere laat doodskiet het, maar in een of ander stadium is hy weer gelos.
Die uiteinde was dat die gesin na Brandfort gevlug het waar hulle vir die duur van die oorlog in 'n stal gebly het.
Die illustrasie hierby deur my skoonpa in sy latere jare gedoen en deur ons soos goud opgepas handel oor 'n voorval tussen hom en 'n Britse Tommie tydens hul verblyf in Brandfort.

Sonder perd of geweer wou my skoonpa wegloop na die Boere toe en het net vir 'n onweer nag gewag maar toe breek die vrede aan.
Die twee maats en waarskynlik die Tommie ook, leef lankal nie meer nie maar die herinnering aan 'n voorval van 'n eeu gelede het in die tekening bly voortleef.
Lord Roberts was in Mei 1900 op pad om die verowering van Brandfort te lei.
Genl. Piet Cronj het vernederend oorgegee by Paardeberg en die Engelse was besig met hulle opmars na Pretoria.
Genl. Koos de la Rey en ander Transvalers het 'n paar duisend man in die omgewing van Brandfort gehad.
Die koppies wes en noordwes van Brandfort is deur die Heidelbergse kommando en Blake se Iere beler.
Een van die skermutselings is deur my skoonpa van die familieplaas Cyfergat waargeneem.

Toe 'n groot Engelse mag met 'n trop beeste daar verbytrek, het die manne wat in Platkop tussen Brandfort en die plaas geskuil het, op hulle los gebrand.
Daar het die eerste Engelsman ook geval.
Toe die Britte sien wat gebeur, het hulle stelling ingeneem agter die wal van 'n baie groot gronddam wat Rietspruit se vlei opgedam het.
Combrincks het in daardie stadium op Rietspruit gewoon, van wie die plaas dan ook later in my skoonpa se hande oorgegaan het.
Terwyl die Britte agter die damwal l, vlieg die huisie se voordeur oop en die Boervrou storm onverskrokke na buite. Sy staan in volle sig van die Engelse, en met haar wit kappie al waaiende na die kop toe, skree sy aanhoudend uit volle bors vir die Boere in die kop: ``Die moer neukers l agter die damwal! Die moer neukers l hier agter die damwal!''

Volgens my skoonvader het die geveg van die oggend tot die agtermiddag gewoed.
Vier ambulanse het die Britse dooies en gewondes kom wegry.
Hy het die volgende dag saam met sy jonger broer Hans gaan kyk na die slagveld.
Oral was bloedkolle en die wreld het besaai gel met patrone, jasse en potte.
Hulle het talle patrone opgetel wat hulle weer later onder besoekende Boere uitgedeel het. Jare daarna kon die wit koelmerke nog teen die kranse van di koppie gesien word.

Hoewel die grond van Rietspruit deurweek is met die vyand se bloed, het Brandfort self sonder veel testand in Britse hande geval toe maj. Cradock en lt. Rose met 'n halfdosyn Nieu-Seelanders die dorp binnegegaan het. Kort daarna het Roberts Brandfort met sy Elfde Divisie beset.
Wat die dapper tante aanbetref wat aan die Boere geskree het waar die vyand is, leef net die staaltjie in die hart van my skoonpa se toehoorders, met 'n paar eensame, vervalle grafte op Rietspruit as stille nagedagtenis.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte