Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Drie dapper Boere uitoorl die Engelse n Slag van Bergplaas.

Februarie 1900 die Slag van Bergplaas dis die storie waarvan ek julle wil vertel, omdat dit die grootste indruk op my gemaak het en seker in geen geskiedenisboeke opgeneem is nie.

Dis 'n storie van my familie wat ek met trots vertel,'' s mev. F.M. Kleynhans.
Sy skryf: Die son kom elke mre op met die heerlike wete dat dit my beskore is om my pa, byna 85 jaar oud, te versorg. Hy is vir my net so merkwaardig soos sy voorsate. Hy kan onverpoos van die oorlog vertel.

My pa se oupa was kmdt. Albertus Nicolaas du Toit, agterkleinseun van kmdt. Adriaan van Jaarsveld, eerste president in die ou Republiek van Swellendam. (N die val van di republiek in 1800 is hy weens sogenaamde hoogverraad ter dood veroordeel.)
In die Boereoorlog was kmdt. Du Toit met sy kommando op Bergplaas in gesetel, terwyl 'n Engelse regiment by Zeerust in die Marico omgewing saamgetrek was. Die pad van Zeerust na Bergplaas, waar die berg met sy reeks diep klowe en kranse was en wat die ou mense Die Wolwenes genoem het, het oor Kruisrivier en Heuningkrans geloop.

By Du Toit op kommando was 'n jong man wie se oupa in die vorige oorlog 'n vermaarde veg kommandant by Bronkhorstspruit was. Denkende dat hy uit dapper bloed spruit, het Du Toit hom as brandwag op die pad na Heuningkrans geplaas. Daar het hy egter later die Engelse soldate deur gelei, wat die Slag van Bergplaas tot gevolg gehad het. Van daardie dag af was hy 'n berugte hensopper.
Die kommando het vinnig met die vroue en kinders berg toe gevlug en die Boere het bo-op die berg stelling ingeneem. My ouma, toe 16, het vertel hoe sy en 'n niggie agter sinkplate weggekruip het. Elke keer wanneer die Engelse met hul kanonne geskiet het, het die sinkplate teen die rots gekletter. Hulle het gvrees dat die Engelse dit sou kon hoor en dan weet waar hulle skuil.

Du Toit was 'n dapper, onverskrokke en soms onverskillige man. Vanwe sy heldhaftige dade is hy beskryf as die kommandant vir wie 'n koel te gering is om voor te skrik. Dit is dus te verstane dat die Engelse daardie dag oor die vallei gesaai gel het, terwyl net een Boer gesneuwel het. Die Engelse het omtrent drie dae lank lyke weggery en opgeruim.
Die Engelse het inligting gekry waar die vroue hulle bevind het. Dit het die Engelse laat besluit om die bos aan die brand te steek en die vroue s uit te jaag. Dit staan vandag nog as Verbrande Bos bekend.
Sewe vroue met kinders, onder wie 'n baba wat in 'n bos gebore is, is di dag gevang. Die Kakies het hulle egter eers aanges om die Boer te gaan begrawe. Hulle is toegelaat om gordyne in 'n opstal te gaan haal waarin hulle hom toegedraai en in 'n sloot begrawe het.

Swart gebrand het die berg teen die horison gestaan asof 'n roukleed daaroor getrek was. Die Boere het gaan hulp soek, maar Du Toit, adj. Johannes George du Preez en adj. Frans du Toit het op die berg agtergebly. Van bo af het hulle gesien hoe die Engelse die vroue en kinders vang en met muilwaens na Zeerust vertrek.
"Johannes'', het Du Toit ges, ``die Engelse garde sal by Kruisrivier moet oornag, want dis die enigste plek waar water is. Daar sal ons die spul moet ontset. Kom ons ry kortpad en wag hulle daar in.''
By Kruisrivier aangekom, het hulle naby die uitspanplek op Swartkoppies aan die voet van die berg stelling ingeneem. Teen skemer het hulle die Engelse sien aankom. Daarna het hulle gekyk hoe die wagte op die bergtoppe om hulle uitgeplaas word.
Dit was gelukkig donker maan. Die drie het geduldig gesit en wag. Toe alles stil was, het Du Toit vir Johannes en Frans na die wagte bokant hulle gestuur.

"Julle moet my kans gee om by die kamp te kom en alles te bespied. As alles reg loop, sal ek een keer soos 'n uil roep. Dan wag julle daar bo totdat die wagte van mekaar wegbeweeg en antwoord my geroep. Ek sal die vroue intussen gaan haal. Wanneer die wagte weer bymekaar kom, slaan julle hulle katswink. Ons behoort dan al naby te wees.''
Die twee het geknik en boontoe gesluip. Gehurk agter 'n bossie het Du Toit die wagte dopgehou. Toe alles graf stil was, is 'n uil geroep gehoor. Gespanne het hy gewag. 'n Rukkie later het 'n ander ``uil'' geantwoord.
Saggies het hy nader gekruip na waar twee wagte voor 'n muilwa vas aan die slaap was. Blitsvinnig en geruisloos het hy elkeen met die geweerkolf getref en die vroue wakker gemaak. Suutjies het hulle uit die wa geklim en saam met hom in die nag verdwyn. Op die berg het hulle hulle by Frans en Johannes aangesluit. Hulle is vinnig deur 'n gaping oor die berg. Aan die agterkant by die Heuningkrans was 'n grot in die berg waarvan net die Boere geweet het. Daar het hulle skuiling gevind. Terwyl die Engelse verwoed om hulle op soek na die verdekselse Boere verby gejaag het, het hulle die vroue en kinders laat rus.
'n Dapper daad was dit voorwaar, maar een van vele wat sou volg net drie Boere teen 'n oormag van Engelse.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte