Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Richter het nooit geweifel om De Wet se opdragte uit te voer.


Mnr Ebie Theron vertel:
Barry was die oudste van 11 kinders van die plaas Glen Garry, Dewetsdorp. Hy het homself onderskei as hoof-adjudant van genl. C.R. de Wet. Hy het nooit geweifel om opdragte of versoeke van De Wet uit te voer nie. Nooit het hy oor homself of die oorlog gepraat nie. Twee van sy broers, Jurie en Kok, vertel:
Met die beleg van Dewetsdorp deur die Engelse het lt. Cecil Boyle 'n skrikbewind gevoer deur die vroue en kinders met 'n sweep aan te ja. De Wet het hiervan gehoor. Toe hy kom om Dewetsdorp te ontset het hy Barry opdrag gegee om Boyle in hegtenis te neem en gevange te hou sodat hy nie kon ontsnap en bevele gee nie.

Barry kon twee manskappe saamneem om hom te help. Hy kies toe 'n broer en 'n neef van hom, maar besluit later daarteen omdat as hulle gedood word, dan is dit drie uit een familie. Die aand voordat De Wet Dewetsdorp sou verower, nader Barry en twee makkers die dorp uit 'n suidoostelike rigting, los hul perde buite die dorp en sluip van oos na wes in die spruit op tot by die huis van ds. (eerw.) Josias Otto op die spruit wal. Daar klop hy aan die agterdeur. Mev. Otto maak die deur oop, herken Barry en raai hom aan om dadelik te vlug, want die dorp wemel van die Engelse.
By haar verneem hy waar Boyle hom bevind en s dat hy hom gaan vang. Haar antwoord was dat hy met die dood speel, want Boyle is in 'n huis oorkant die straat wat deur Britse soldate bewaak word.

Barry en sy twee makkers seil toe in 'n watervoor langs die straat tot naby die huis. Twee wagte het dit bewaak deur heen en weer in hal fsirkels om die huis te beweeg. Terwyl die wagte een keer weg van die drie beweeg om aan die ander kant weer bymekaar te kom, spring die drie nader met bajonette en wag dat die wagte terugkeer. So word die twee wagte doodgesteek. Barry klop aan die agterdeur en Boyle, in sy naggewaad, maak met 'n geswets die deur oop en loop hom teen Barry se geweer vas.
Barry se woorde was: ``If you move I shoot.'' 'n Vrou het nader gekom en ges: ``Laat los my man.''
Barry het een manskap beveel om saam met die vrou die luitenant se geweer en bandelier te gaan haal en indien sy skree haar te verwurg.

So het hulle tot dagbreek gewag totdat De Wet die dorp aangeval het. Wanorde het geheers, want die Engelse soldate het na die huis gejaag om bevele te kry, maar hulle is deur geweervuur van twee Boere agter die stoepmuurtjies begroet. S is nege soldate doodgeskiet. Toe die ander Boere opdaag, het Barry nog met sy geweer in die hand gestaan en Boyle in sy naggewaad. Die Engelse het na alle kante gevlug toe die eerste Boere ruiters hul verskyning maak. Boyle is as krygsgevangene saam met die Boere op kommando geneem.
Toe De Wet op 'n keer telegramme in Colesberg wou h, het hy weer vir Barry gekies. Di het sy perd se maanhare en stert op tipiese Engelse styl kortgeknip, 'n Engelse offisiersuniform aangetrek en met sy hoed aan die eenkant opgeslaan met die perd deur die Oranjerivier geswem en afgesit Colesberg toe. Daar is hy op 'n stappie na die poskantoor terwyl die Engelse manskappe langs die pad hom gesalueer het. By die poskantoor het hy die sak met telegramme geis en daarmee na De Wet terug gejaag.
Naby Kroonstad het De Wet saam met Barry en andere deur die blokhuis linie probeer breek. Toe hulle hergroepeer, was N.C. Havenga, latere minister van finansies, nie by nie. Barry het daarop aangedring om hom te gaan help, want hy was gewond. Sy medeburgers het hom afgeraai, want die Engelse was op hul hoede en sou hom doodskiet.

Barry het voet by stuk gehou en terug gesluip na waar Havenga met 'n wond in die been was. Ondanks hewige geweervuur het hy met Havenga op sy rug eers geseil en later tot by sy maats terug gekruip.
In die jare 50 het 'n niggie van Barry in Amerika in sang en musiek gestudeer. Sy het vir 'n beurs aansoek gedoen en is na 'n Hollander verwys. Toe di hoor haar van is Richter het hy ges die dapperste man wat hy ooit geken het, was Barry wat saam met hom in die oorlog geveg het.
Barry het n die oorlog op die plaas East Lynne, Dewetsdorp, geboer. Hy is op Glen Garry begrawe.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte