Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Pa en seun tronk toe oor hulp aan Boere.


Die Boere-kommando's in die Anglo-Boereoorlog het dikwels plaasmense se gasvryheid benut, en selfs misbruik! Mev. Christa Odendaal vertel hier van die herinneringe van haar pa, G.J. Joubert. Hy het dit opgeteken twee weke voordat hy op 19 Junie 1952 oorlede is.

MY vader, Gideon Johannes Joubert, het as jong man van 20 jaar in 1900 saam met sy vader geboer op die plaas Allemorgensfontein in die distrik Montaqu. My oupa Jan Hendrik Joubert was destyds 55 jaar oud.
Die gebeure wat hier vertel word, het plaasgevind nadat die Engelse magte Pretoria en Bloemfontein verower het.
Die Boere generaals het besluit om klein Boeremagte onder kommandante die Kaapkolonie in te stuur.
Genl. J.C. Smuts was hoof van so 'n kommando en het deurgedring tot so ver as Calvinia.
Ook het genl. Maritz in die Westelike Provinsie en kmdt. Danie Theron, Scheepers en Van der Merwe die Engelse slapelose nagte besorg.

Dit was in September 1900 dat 'n paar boere op 'n middag my oupa se plaas ingejaag kom. Hulle was verkenners van kmdt. Van der Merwe en hulle wou weet of daar nie Kakies daar rond is nie. Net daarna het 'n kommando van sowat 400 boere op die plaas aangekom. Hulle het koffie, brood, beskuit en 40 dosyn eiers, wat my ouma op die dorp wou aflewer, bestel. Sy het maar staan en kyk hoe die krels broodpanne en koek plate gebruik om die eiers te bak!
N ete het die jong krels gesing: ``Kakie, jy eet Bully Beef en ons eet mieliepap, daarom is julle so styf en ons so lekker slap.''
Hulle het op die plaas oornag en die volgende oggend sonop in Laingsburg se rigting vertrek. Daar het hulle twee dae gebly, maar hulle is egter verraai.

Toe kmdt. Van der Merwe die mre vroeg die omgewing bespied, is hy deur 'n koel getref en het gesterf. Sy laaste woorde was: "Jaag uit en veg 'n pad oop.'' Hy was maar 25 jaar oud en volgens my vader 'n besonder aantreklike man.
Mnr. Jan van Zyl van Van Zyls-damme in die distrik Ladismith het sy oorskot gaan haal en hom 'n eervolle begrafnis op sy plaas gegee.
Sowat 'n week later het kmdt. Danie Theron ook met 400 manskappe oor Oupa se plaas getrek. Net hierna is oupa Jan en my vader, Gideon, en ses boere gedagvaar om op Montaqu voor 'n militre hof te verskyn.
Die Engelse kaptein wou van Oupa weet waarom hy nie my vader te voet gestuur het om die teenwoordigheid van Boere-kommando's op hul plaas aan te meld nie.

Oupa, 'n saggeaarde, gelowige Christen, het geantwoord dat dit 45 myl ver na Montaqu is en al hul perde deur die koloniale regering opgekommandeer is. Die kaptein is toe van mening dat my vader te voet kon loop na die dorp.
Oupa het wel 'n man per fiets gestuur. Die jong Gideon (my vader), haastig van humeur, voel toe hy kan nie stilbly nie en s: ``Agbare kaptein, julle het nie 'n saak teen ons nie, want u het al ons perde, muile en waens opgekommandeer.
Ons is weerloos gelaat om oorval te word deur Boere-kommando's en ook kon rondlopers ons enige tyd lastig val. U manskappe het naby ons plaas gesien hoe die Boere ons plaas beset, maar nie kom help nie, maar wel weggejaag dat die stof so staan.''

Die kaptein word toe rooi van woede en s: ``Jou Boer gesinde jongman. I feel inclined to shoot you.''
Hul saak is toe verwys na lord Kitchener in Pretoria en hulle moes almal drie maande se harde arbeid in die tronk verrig asook vyftig pond betaal of nog een maand in die tronk bly.
Ouma en vier jong kinders moes na familie in Montaqu gaan.
In hul afwesigheid het 'n Engelse kommando oor die plaas getrek.
Wat 'n skok het op Oupa-hulle gewag met hul terugkeer!
Die kamp drade was geknip en 300 volstruise is die vlaktes ingejaag om nooit weer gesien te word nie.
Van sowat 2 000 skape en bokke is nagenoeg 400 met bajonette doodgesteek en slegs die boude uitgesny.
Nogtans het hulle seker nog baie stof tot dankbaarheid gehad toe hulle later van die lot van menige van hul noordelike landgenote verneem het.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte