Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Dapper 4-jarige gaan saam op kommando.


Die verhale van 'n dapper vierjarige seuntjie wat in die Anglo-Boereoorlog tot die bitter einde van die oorlog saam met sy pa op kommando moes gaan omdat sy ma in die konsentrasiekamp oorlede is en die verhaal van die netjiese kleremaakster in die Kimberley-kamp.
Gelukkig het sy ma 95 jaar oud geword en hy kon dus by haar en een van haar susters (ook al ouer as 90) besonderhede vir die verhaal van die kleremaakster kry.
Ongelukkig het ek maar min detail oor die verhaal van die dapper seuntjie, want toe my pa die verhaal (verskeie kere!) vertel het, het ek maar min belang gestel. My pa is ook oorlede toe ek nog redelik jonk was en ek het sy broers en susters selde gesien nadat ons in die jare sestig uit die ou Transvaal Boland toe verhuis het.

Hier is die verhaal van die dapper seuntjie: Pieter Jacobus Nieman is op 19 Julie 1897 gebore. Sy vader, Willem Adriaan, in sy latere lewe bekend as Oom Adriaan, het op die plaas Hartsfontein, Wolmaransstad, geboer en is in 1895 in Potchefstroom met Magrieta Jonker getroud.
Gedurende die Anglo-Boereoorlog is die moeder en haar klein kindjie ook mettertyd na 'n konsentrasiekamp gestuur. Volgens oorlewering was dit een van die konsentrasiekampe in Natal - Merebank of Congella.
Magrieta is in Mei 1901 oorlede en sy is volgens die inligting in 'n Familiebybel te Rietvlei begrawe.
Na alle waarskynlikheid is sy, toe sy ernstig siek geword het, toegelaat om die konsentrasiekamp te verlaat en het sy iewers naby die Rietvlei gewoon. Tot dusver kon die latere familie nog nie vasstel waar die plek is nie.
In daardie stadium was klein Pieter Jacobus nog nie eens vier jaar oud nie.
Op een of ander manier het sy vader hom kort n sy moeder se dood iewers gekry en vir die res van die oorlog voor op die saalboom saam op kommando geneem.

Hulle was albei Bittereinders, dit wil s hulle is nooit deur die Engelse gevang nie.
Sou daar nog ander vier- of vyfjarige seuns gewees het wat saam met hul vader langer as 'n jaar in die wind en die weer, in ren en koue en moordende hitte aan die oorlog deelgeneem het?
Oupa Adriaan en sy klein seuntjie het die oorlog oorleef en is terug na Hartsfontein. In Mei 1904 is Oupa weer getroud.
Die oudste seun uit di huwelik, ook Willem Adriaan, het dikwels vir ons vertel van die dapper stief boetie van hom. Die outjie was maar sieklik weens die ontberings te velde en is op 20 Maart 1912 oorlede.
'n Nefie van die klein Pieter Jacobus Nieman was ook 'n slagoffer van die oorlog. Jurgen Nieman was maar 2/ jaar oud toe hy op 27 Julie 1901, terwyl hy op sy moeder (ook 'n nooi Jonker) se skoot gesit het, in die kop getref is deur 'n koel uit 'n geweer van 'n Engelse soldaat.

Dit is onseker of die skoot uit die Tommie se geweer per ongeluk afgegaan het en of hy doelbewus na die kind gemik het.
'n Nuwe grafsteentjie is in 2001 in die Marico-distrik op die graffie onthul.
Nieman se verhaal van die netjiese kleremaakster: My oupa, Pieter Francois Theron, was 41 jaar oud toe die oorlog uitbreek. Hy en sy vrou, my ouma Johanna Gesina, het op die plaas Kameelpan, Christiana, geboer.
Met die uitbreek van die oorlog het hulle ses kinders gehad; die sewende, 'n dogtertjie, Marthie (my moeder), is vroeg in 1900 gebore. Oupa is by Paardeberg gevange geneem en na St. Helena gestuur.
Ouma en haar sewe kinders het op Kameelpan gewoon toe 'n Engelse patrollie een oggend vroeg opdaag.
Die oudste seuns, Japie (tien jaar oud in 1900) en Danie (nege jaar), het al 'n paar keer weggeloop om hulle as penkoppe by 'n kommando aan te sluit. Hulle was die oggend toe die Engelse opdaag, juis weer op pad na 'n kommando.
Die derde seun, Piet, skaars sewe jaar oud, het s groot vir die Engelse patrollie geskrik dat hy die hasepad gekies het, veld in.

Ouma en haar oorblywende krosie is summier na Kimberley se konsentrasiekamp gestuur: die sesjarige Maria, vierjarige Johannes, en twee babas, Jacobus Abraham net meer as 'n jaar oud en die babameisietjie Marthie van 'n paar maande.
Ouma Theron was baie knap met naald en gare en het, om 'n ekstratjie vir die kleintjies te verdien, klere vir die ander kamp inwoners wat dit nie so goed kon doen nie, heelgemaak.
Mettertyd het van die verpleegsters wat die tente van tyd tot tyd besoek het, ook hulp met die heelmaak van hul uniforms gevra. Ouma het soggens die kleintjies aangesit om die paar komberse buite die tent uit te skud en netjies op te rol as sitplekke in die tent wat intussen skoongevee is. Geen wonder dat die verpleegsters, en later selfs van die offisiere - natuurlik teen vergoeding - hul klere by Ouma laat regmaak het nie: Alles was netjies.
Later het 'n Jodin, aan wie 'n winkeltjie behoort het, met Ouma ooreengekom dat sy kinderklere sou maak.
In die begin is 'n stukkie materiaal, net groot genoeg vir 'n hempie, aan Ouma gegee. Wanneer die hempie klaar was, het sy 'n sikspens as maakloon gekry. Dieselfde het gegeld vir die maak van 'n broekie, maar daarvoor was die maakloon darem 'n sjieling.
Die Jodin was s tevrede met Ouma se werk, dat sy mettertyd die hele rol materiaal by Ouma gelos het, met die wete dat die materiaal nie sou wegraak nie.
Sy het ook 'n ou naaimasjien aan Ouma geleen om nog beter naaldwerk te kon doen. Ouma kon later uit haar verdienste die naaimasjien koop. (Een van haar skoonseuns, 'n houtwerkonderwyser, het baie jare later 'n netjiese tafeltjie gemaak en die handnaaimasjien in 'n trapnaaimasjien verander.)
Ouma kon met die geld wat sy verdien het, vir die kinders ekstra rantsoene koop, maar dit het nie verhoed dat Jacobus (30 maande) op 16 Augustus 1901 oorlede is nie; vier dae later is sy boetie Johannes, vyf jaar en sewe maande oud, ook oorlede.
Intussen het Ouma haar natuurlik dood bekommer oor die lot van die drie groter seuns.
Wat sy nie geweet het nie, is dat van die bure hulle onder hul sorg geneem het.

Meer as 'n jaar nadat Ouma-hulle weggevoer is, is die gesin by wie Piet gebly het, ook konsentrasiekamp toe en di keer was daar nie weghol kans vir hom nie.
Soos gebruiklik, het die inwoners van die kamp weerskante van die ingangshek van die kamp saamgedrom om die nuwe aankomelinge te verwelkom en nuus te verneem.
Met 'n harde gil het die agtjarige Piet op sy ma, een van die toeskouers, afgestorm.
Later het hy vertel dat hy haar dadelik, al was dit n 'n jaar, herken het, want sy was net so skoon en netjies soos hy haar sy lewe lank geken het!
Die netjiese kleremaakster het n die oorlog met haar kinders teruggekeer Kameelpan toe, met genoeg geld om weer 'n begin te maak. Oupa Pieter het baie siek van St. Helena af teruggekom en kon nie weer behoorlik boer nie.
Die groter seuns het egter die oorlog oorleef en kon die boerdery behartig.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte