Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


"Sou hulle my nie kom haal om my dood te maak nie?''


Die kommando's van kommandante. Pieter Kritzinger en Gert van Reenen was in vroeg Maart 1901 by AasvoŽlberg, Zastron, bymekaar toe die rapportryers Christiaan en Jan Kruger rapporte van genl. J.B.M Hertzog se kommando in die Wes-Vrystaat bring. Kritzinger is aangestel as generaal en hulle moes die Kaapkolonie binneval. Baie Vrystaatse burgers was onwillig om dit te doen. Saans moes betroubare manne agter die kommando ry om toe te sien dat burgers nie agterbly nie.

DIT was bitter koud en die vlak van die Grootrivier was baie laag toe die kommando's vroeg Mei 1901 bo Colesberg deur die rivier is. Soggens het die ryp soos kapok gelÍ. Die kommando's van Kritzinger, Van Reenen, Hendrik LŲtter en Myburg het agter Suurberg op die plaas Leeufontein vergader.

Christiaan Kruger en sy broer, Andries, is met rapporte na kmdt. Willem Fouchee in die Stormberge gestuur. Toe Fouchee met sy kommando hulle op 20 Mei 1901 by hulle aansluit, was ongeveer 800 Boere ruiters byeen.
NŠ krygsraad waar besluit is om aan te hou destabiliseer, het elke kommando sy eie koers ingeslaan.

Van Reenen se kommando, met Kritzinger by hulle, is naby Teebus, wes van Steynsburg, oor die spoorlyn. Hiervandaan is Kritzinger en sy kommando in die rigting van die Stormberge. Van Reenen-hulle wou ook daarheen gaan, maar op die Steynburg-Stormberg-spoorlyn en op die Burgersdorp-Stormberg-spoorlyn was gepantserde treine en Britse ruiters om die Boere vas te keer.
Hulle besluit om wes te swaai en is deur die distrik Molteno na die suide van die distrik Steynsburg.
Op 6 Junie 1901 kom omtrent 50 man van die kommando van Van Reenen op die plaas Ruigtevlei, suid van Steynsburg, aan. 'n Klompie man word gestuur na die plaas Shanks om perde wat daar deur die Engelse bymekaargebring is, te gaan haal. Van Reenen en 'n paar ander, onder wie die Kruger-broers, is met die pad langs dorp toe waar hulle twee perde uit die stal van mnr. Tjaart Kruger van die plaas De Poort langs die pad neem.

Die Engelse moes bewus gewees het van die Boere se teenwoordigheid op Ruigtevlei, want die 17th Lancers onder bevel van kapt. Wyndham het met 'n groot draai na Ruigtevlei beweeg.
Die Lansiers was in die Britse leŽr bekend as die ``death or glory boys'' en het 'n afbeelding van 'n hoofskedel op hul hoede gedra.
Omstreeks 01:00 was Van Reenen se groep terug op die plaas. Die plaasmense het vir hulle tee gemaak; hulle het 'n rukkie gesels en gaan slaap. Christiaan het aan Van Reenen gevra of hulle nie by die ander in die nabygeleŽ populierbos moes gaan slaap nie, aangesien hy ongerus gevoel het. Ook Meidnert Bornman, wat saam met die groep na Shanks was, het met Van Reenen hieroor gepraat.

Van Reenen se antwoord was: ``Ag, julle is net weer bang.''
Meer as 25 man het in en om die huis geslaap, terwyl die ander in die populierbos was.
Voordat hulle aan die slaap was, was die Lansiers om die huis. Uit die stoepkamer is geskiet. Jan Kruger het 'n koeŽl deur die hart gekry. Altesaam 18 ander is gevang en twee-twee aanmekaar gebind sodat hulle nie kon ontsnap nie. Onder diť wat in die verwarring in die donker weggekom het, was die drie Van Reenen-broers, Japie Labuschagne, Abel van Wyk, Dick Louw, Karel van Heerden en Sarel Pretorius, wat 'n skrams skoot teen die nek gekry het, asook 'n rewolwerkoeŽl op die gespe van sy kruisband. Hy was egter net gekneus op sy bors.

Die gevangenes moes na Steynsburg stap. Hulle was dr. Hutchinson, M. Bornman, P.W. Klopper van Burgersdorp, Christiaan en Andries Kruger van Klipfontein, Venterstad, Sarel van Biljon van Tweefontein, Steynsburg, Floris Coetzee en sy seuns, Andries en Tjaart, van Rietfontein, Steynsburg, Stef Koekemoer van Pylfontein, Steynsburg, Andries en Naas van Zyl van Wilgenhoutkloof, Cradock, Casper Pelser van Stinkhoutboom, Burgersdorp, Groot Jan Henning van Winnaarsbaken, Burgersdorp, M.J. Vosloo van Tooverfontein, Willowmore, Albert van Heerden van Doringpoort, Middelburg, Berend Pretorius van Langkloof, Cradock, en Danie Botha.
Hutchinson is later vrygelaat. Bornman was nie 'n rebel nie en dus 'n gewone krygsgevangene.

Dit het 'n paar dae geduur om 'n hof saam te stel wat uit drie offisiere bestaan het. Besoek is twee maal per week toegelaat. Die dorp mense het baie deernis met gevangenes gehad en vir hulle kos en komberse gestuur.
Die blydskap van die Britte was groot oor wat hulle reggekry het.

Daar was groot spanning, aangesien die gevangenes besef het dat hulle ter dood veroordeel kon word. Op 18 Junie is P.W. Klopper uit die sel geneem om in Burgersdorp gevonnis te word.
By sy vertrek het hy aan sy maats gesÍ: ``KÍrels, sou hulle my nie kom haal om my dood te maak nie?''

Op 19 Junie is hy in Burgersdorp ter dood veroordeel en op 19 Julie in die tronk, ten aanskoue van die publiek, opgehang.
Christiaan skryf dat Klopper 'n baie dapper kryg maat was. Hy het sy einde moedig tegemoet gegaan, soos ds. Geyer en prof. Lion-Cachet, wat hom in sy laaste ure bygestaan het, getuig het.
Jan is onder groot belangstelling in Steynsburg se kerkhof deur sy pa en bedroefde familie begrawe.

Op 20 Julie is die gevangenes deur 'n geleide van 40 Britse soldate na die Markplein gebring. Die rebelle sou in die teenwoordigheid van die publiek gevonnis word. Christiaan en Andries, S.W.C. van Biljon, Stef Koekemoer en nog een is ter dood veroordeel op aanklag van moord op die soldaat J. Lanham (wat in die geveg op Ruigtevlei gesneuwel het), asook van hoogverraad.
Nadat hy 'n paar oomblikke stilgebly het, sÍ die offisier dat hulle deur lord Kitchener begenadig is om lewenslank op Bermuda dwangarbeid te doen. Die res van die groep word ook tot lewenslange dwangarbeid op Bermuda gevonnis.
Die eienaar van Ruigtevlei, mnr. J.N. Labuscagne, word tot 'n boete van 250pond of tronkstraf gevonnis.
Toe hulle by die tronk terugkom, is vir elkeen net twee komberse gelaat. Hulle moes bandietklere aantrek, wat vir sommige sleg gepas het.

Van 22 Julie af moes hulle begin klippe breek vir skanse vir die Tommies. Later moes hulle watervore langs die strate skoffel. Hulle mag nie besoeke ontvang het nie en mense het in die verbyloop 'n woordjie met hulle gewissel. Die soldate wat hulle bewaak het, was goed vir hulle. Andries en Christiaan se pa kon hulle kom groet.
Op 27 Julie het hulle per trein van die stasie af vertrek. Later die nag was hulle in Noupoort waar hulle 18 man van LŲtter se kommando, wat by Jamestown gevang is, ontmoet het. Hulle is ook lewenslank na Bermuda verban.
Hulle het 14 dae in 'n sinkgebou in Noupoort gebly. Daarvandaan is hulle na Bloemfontein, waar hulle in die tronk aangehou is. Toe is hulle na Kroonstad, waar hulle verskeie Afrikaners in Britse uniform gesien het.
Christiaan skryf dat terwyl Danie Botha aan hom vasgeboei was, Danie se broer in Britse uniform by die soldate gestaan het.
Van Kroonstad af is hulle oor Germiston, waar ene Britz van Kliprivier by die groep gevoeg is. Daarna is hulle na Ladysmith, waar hulle in 'n kamp oorgebly het. Daar kon hulle bad nŠ 'n treinreis van vyf dae. Van daar is hulle na Pietermaritzburg waar 'n groot skottel koffie en brood vir hulle op die perron gereed was. Die middag is hulle in Durban en is dadelik met 'n sleepboot na die SS Montrose gebring om na Bermuda te vertrek.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte