Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Skotse predikant veg aan Boerekant in Anglo-Boereoorlog.


Dominee David Ross, leraar van die NG gemeente Lady Grey, het in di oorlog as gebore Skot getoon dat hy 'n kampvegter vir reg en geregtigheid was. Die wyse waarop die Britte hom behandel het, het hom laat besluit om nie meer aanddienste in Engels te hou nie, maar slegs in Afrikaans.

Die merkwaardige Ross is 24 Mei 1831 in Skotland gebore. Hy het grade in onderwys en teologie gekry, asook 'n aantal mediese en regsvakke geneem. Uiteindelik het teologie die hardste tot hom gespreek. N studie in Nederland het hy na Suid-Afrika gekom en in 1863 predikant van die nuwe gemeente Lady Grey geword.

Hy het hom vir onderwys, sending en gemeenskapsbelange beywer en was die landmeter wat Lady Grey uitgel het. Hy het 'n baie groot gebied tot by Elliot en diep in die ou Transkei te perd bedien, omdat hy nie met 'n perdekar kon regkom nie.

Nadat die 68-jarige Ross reeds 36 jaar in die gemeente was, het die oorlog uitgebreek. Hoewel hy 'n gebore Brit was, het hy hom met die Boere vereenselwig. Hy was sterk teen Cecil John Rhodes se imperialistiese beleid gekant.

Met sy regskennis het hy besef wat vir die Boere van Lady Grey voorl, want di distrik was deel van die Britse Kaapkolonie. Sy eie seun, ook David, skoolhoof in Pretoria, het ook aan Boerekant gaan veg.

Sy besorgdheid oor die welsyn van sy gemeente het hom aan talle Boere wat sy raad kom vra het, die wetlike implikasies om die wapen op te neem, laat verduidelik. Hy het hulle aangeraai om net die wapen op te neem as hulle opgekommandeer word.

Op 8 November 1899 het die Vrystaat Noordoos-Kaap by Aliwal-Noord binnegeval en die een na die ander dorp beset. Op 17 November is Lady Grey deur plaaslike Boere ingeneem. Op 22 November het die Vrystaat dit beset.

Groot verwarring het onder die plaaslike Boere geheers. Baie het ondanks Ross se raad hulle by die Vrystaters aangesluit.

Lady Grey is vier maande lank deur die Boere beset. Op 11 Maart 1900 moes die Vrystaatse burgers terugval, Aliwal-Noord is deur die Britte ingeneem, krygswet is afgekondig en talle Oos-Kaapse rebelle-leiers is gevang.

'n Getroue ouderling, Philip Botha, is n 'n oggenddiens voor die kerk in hegtenis geneem.

'n Baie ontstelde Ross het die Britse kol. Grewe skerp daaroor aangevat.

Op 27 Junie 1900 is sy pastorie deur Britse soldate omsingel, omdat hulle hom soos talle ander NG predikante gewantrou het.

Hy is van hoogverraad beskuldig, omdat hy glo briewe aan sy seun gestuur het om rekrute in die Kaapkolonie te werf, gemeentelede aangehits het om te veg, wapens in sy huis weggesteek het en gepreek en gebid het dat die Boere moet wen.

Sy verhoor het lank geduur en hy het drie keer verskyn. Hy het sy eie verdediging so goed gehanteer dat selfs sy vyande sy kruisondervraging bewonder het. Op 4 Mei 1901 is hy vrygespreek.

Omdat die Britse krygswet baie streng was, kon hy nrens sonder 'n pas gaan nie, wat sy gemeentewerk baie aan bande gel het. Die Britte het ook op al sy eiendom, ook sy perd beslag gel.

Talle mense kon weens die passtelsels nie uitgaan om te werk nie, wat veroorsaak het dat baie swaar gekry en honger gely het.

Ross het 'n lang brief aan lord Roberts, Britse opperbevelhebber, geskryf en vanwe dit is die passtelsel verbeter.

Baie van sy gemeentelede was in die tronk. Hy is een keer gedagvaar om in Aliwal-Noord te getuig. Omdat hy nog nie sy perd teruggekry het nie, het hy sy kierie gevat en die 50 km gestap.

N die hofsaak het hy weer in die pad geval. Gemeentelede het hom plek-plek gehelp. Toe hy by die huis kom, was sy hakskene afgestap.

Weens sy goeie raad aan gemeentelede het baie net 'n baie ligte straf gekry omdat hulle kon beweer hulle is onder dwang opgekommandeer dit in teenstelling met 44 wat tereggestel is, meer as 350 wat ter dood veroordeel is, maar later begenadig is en talle wat alles, selfs stemreg, verloor het.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte