Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Vrou beleef 'benoudheid' van Boereoorlog eerstehands.


DIE vroue en kinders wat in die Anglo-Boereoorlog op plase agtergebly het terwyl die mans op kommando was, het dikwels benoude oomblikke beleef. Laurie Odendaal, vertel van die herinneringe van 'n tante, mev. Poppie van Blerk.

Tante Poppie is op 15 Februarie 1880 in die distrik Bloemfontein as 'n nooi Nienaber gebore. Sy het haar wedervaringe
op band opgeneem tien dae voor haar dood toe sy 95 jaar oud was en nog helder van verstand:
In die oorlog toe my oupa Nienaber - tant Poppie se vader - al op kommando weg was, het die gesin een aand besoek ontvang.

Ouma en drie dogters, Poppie (21), Sarie (17) en Bettie (3), was alleen tuis.
'n Paar Engelse soldate kom toe daar aan, blykbaar n 'n skermutseling met van die Boere. Hulle wou daar oornag en s sommer hulle wil by die meisies slaap.
Ontsteld hardloop Poppie na die slaapkamer, val op die bed neer en bid: "U het ges: Roep my aan in die dag van benoudheid. Ek sal jou uithelp en jy moet my eer.'' (Ps. 50:15)

Sy hoor perdepote klap. Dis toe 'n paar kolonialers wat na die Engelse soldate soek. Die soldate het toe gevlug met die rebelle agterna.
Die gesin was bevriend met 'n Kaapse rebel, ene Van Rhyn van Van Rhynsdorp. Hy was 'n gawe, netjiese krel en het af en toe by die gesin aangedoen.
Een aand wou hy daar oornag en het sy geweer en bandelier oor die katelstyl gehang, maar nie verder ontklee nie.
Engelse soldate kom die nag daar aan en skop die deur oop. Poppie spring op om Van Rhyn te gaan waarsku en s aan hom om nie te vlug nie.
Toe die soldate die kamer betree, pleit sy dat hulle hom nie moet skiet nie. Die offisier s toe hulle sal nie sommer skiet nie, maar staan nogtans daar met 'n rewolwer.

Hulle vat toe sy pragtige blink kamaste en gee in ruil "putties'' om sy bene te bedek.
Sy vertel: "Ek sien nou nog hoe trek hy sy kruisbande reg.''
Toe Ouma-hulle later in die Doornbult-konsentrasiekamp (naby Oranjerivier-stasie) kom, sien hulle Van Rhyn word ook daar in 'n draad kampie aangehou. Voordat hulle na die kamp gestuur is, het Oupa hulle af en toe besoek, maar omdat hulle verwag het om na die kamp te gaan, het hulle artikels soos hoede en sambrele op die solder weggesteek. 'n Trommel is begrawe, maar n die oorlog was alles gesteel behalwe 'n groot tafel en strykysters.

Hulle is in perdetrokke na die Doornbult-kamp vervoer.
Poppie het in die kamphospitaal help verpleeg en agterna 4.3s 6d (vier pond, drie sjieling en ses pennies) gekry wat sy gespaar het en waarmee sy n die oorlog vir haar 'n naaldwerkmasjien gekoop het.
Ouma het weer die kampdokter met bevallings gehelp. Syself was verwagtend en my moeder is op 29 September 1901, vandeesweek 'n eeu gelede, in die kamp gebore.
Haar eerste bedjie was 'n draggie hout bedek met 'n kombers.
Ongeag die baie sterfgevalle, veral masels, het die Nienaber-gesin almal gelukkig oorleef. Oupa Sarel Nienaber is as krygsgevangene later in 1901 na 'n kamp in Indi gestuur.

Poppie is in 1907 met Hennie van Blerk getroud. In die Slag van Magersfontein is sy perd onder hom doodgeskiet. Hy het die vele gesneuwelde Skotse soldate met die rokkies op die slagveld sien l.
Sy vader se dood in die oorlog was 'n treurige voorval. Terwyl hy een aand van die slagveld sy gesin kom besoek het, het swart soldate by die huis ingebars. Hy pleit vir sy lewe, maar is met bajonette doodgesteek. Hy is verraai deur 'n vrou wat van sy besoek geweet het.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte