Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Rebel Hendrik Johan Veenstra.

 


Een van die mees aangrypende verhale is di van die 22-jarige Hendrik Johan Veenstra, wat op 4 September 1901 in Colesberg tereggestel is saam met 'n Sweed, Frederick Toy, en 'n Boer, Hendrik van Vuuren. Veenstra is in Amsterdam gebore, was in die beste skole en het verskeie sertifikate op die gebied van handel verower. Sy toekomstige werkgewer, 'n Frans-Hollandse maatskappy, het hom na Suid-Afrika gestuur om sy oom, Frans van der Ahee, in Colesberg te besoek kort voor die uitbreek van die oorlog. Hy het op 3 April 1901 by Kommandant Gideon Scheepers se kommando aangesluit, waarskynlik omdat hy soos baie van sy mede-Hollanders geesdriftig oor die Boeresaak gevoel het en daadwerklik iets wou doen om dit te bevorder. Sy adres is later in hofdokumente aangegee as 'n Rietfontein, Murraysburg. Skaars drie maande later is hy saam met Toy en 'n Luitenant Izak Liebenberg by Onbedacht in die Camdeboo gevange geneem.

Op 5 Augustus 1901 is hy deur 'n militre hof in Graaff-Reinet verhoor op aanklagte van hoogverraad, die dra van vuurwapens en rebellie 'n aanklagte wat streng gesproke onmoontlik was aangesien hy steeds 'n Hollandse burger was en op geen manier Britse burgerskap kon verkry het nie. hy is ook aangekla van brandstigting en stropery. Volgens die hof het hy drie huise in die Murraysburg-gebied aan die brand gesteek, waaronder die magistraatskantoor en die pragtige ou woning op die plaas Vleiplaas. Waarskynlik in die hoop dat hy as Hollander gevrywaar was teen vervolging, het Veenstra skuldig gepleit. 'n Paar maande later, toe Scheeepers in Graaff-Reinet verhoor is, het hy erken dat hy Vleiplaas afgebrand het, sowel as die Rose-Innes-huis, Sharwood-huis en 'n stoor.

Veenstra is skuldig bevind op aanklagte en ter dood veroordeel. Hy is saam met Toy en Van Vuuren met 'n gepantserde trein na die tronk op Colesberg gestuur. Toy, 'n kunstenaar van Gothenburg, het voor die oorlog in Johannesburg gewoon, maar toe vyandelikhede uitgebreek het, het hy na die Kaapkolonie verhuis. Soos Veenstra het hy in April 1901 by 'n Boere-kommando aangesluit, en kon f 'n Transvaalse f 'n Sweedse burger wees, maar beslis nie 'n Britse burger nie. Min is bekend oor Van Vuuren, behalwe dat hy lid was van Scheepers se kommando, dat hy afkomstig was uit die Willowmore-distrik en glad nie Engels verstaan het nie.

Op Dinsdag, 3 September 1901, het Veenstra saam met Toy en Van Vuuren op die kerkplein in Colesberg gestaan en geluister hoe hul doodsvonnis gelees word en teregstelling deur 'n vuurpeleton die volgende dag. Dieselfde aand het die jong Hollander 'n hartroerende brief aan sy gesin geskryf:

Hartelik geliefde Moeder en Suster,

Dit is vir my swaar om aan u te skryf, maar ek is verplig om dit nou te doen. Mag die Heer u Goddelike krag gee om dit te kan dra, soos Hy my genade en krag gegee het om te berus in my opgelegde lot en te kan s: Laat slegs U wil geskied. Die Here het dit nou goed gedink om my van die aarde af weg te ruk om my 'n plek in sy Vaderhuis aan te wys.

Ek het 'n groot stryd gehad. Ruim ses weke het ek in die gevangenis deurgebring, maar dit was tot my heil, want daar het ek die weg na Jesus gevind. Treur dus nie, want ek gaan slegs vooruit en ek bid dat u almal my eendag sal volg. Ek sal vir u sonder ophou bid. O! laat Garda en Sophia tog nooit die regte pad verlaat nie. Laat hulle tog die Here Jesus hartelik liefh, want ek het ondervind watter troos en wat ?n moed dit aan mens gee om te weet dat die Hemelse Vader alle we bestuur.

En dan dank ek u vir al die gebede wat u en Tante en Mej. B vir my opgestuur het. Dit het my in die laaste dae gelukkig en getroos laat voel dat daar so opreg vir my gebid is.

En nou sal ek mreoggend om sewe-uur die ewigheid ingaan, en daar kry ek weer trooswoorde uit die gesang:

Als wij de doodsvallei betren
Laat ons elk aardse vriend alleen
Maar Hij, de beste vriend in nood
Vergzelt ons over graf en dood

Ek het aan Oom Frans geskryf om my ring aan u terug te stuur, asook vyf portrette waarop ek voorkom. Daarvan is een vir u, een vir Tant Anna, een vir Floris Vedenlof. Die orige twee sal u wel plek voor weet.

En nu my geliefde Moeder en Tante en Mej. Ten Boom, vra ek u om vergifnis vir al die verdriet wat ek u aangedoen het, en vir al die trane wat u om my ontwil stort. O! ek hoop dat almal teen wie ek gesondig het, my dit sal vergewe.

'n Engelse predikant het my besoek en met my gepraat na aanleiding van Johannes 14 en 15 en het saam met my gebid. Hy het beloof om weer te kom.
'n Laaste vaarwel aan my liewe Moeder en familie, liewe Tante en liewe Mej. Ten Boom, familie en bekendes en veral Floris.
Ek sal vir almal bid, soos u vir my gebid het.
Ek sien 'n poort wyd ope staan. Deur u Seun, Broef, Neef en vriend,
Hendrik Jan Veenstra.

My Bybeltjie sal ook aan u gestuur word. Vaarwel tot ?n salige wedersiens in Gods Vaderhuis, my liewe, liewe Moeder en Sussies.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte