Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Frederich Johannes (Fred) Kirstein. Vyftienjarige veg vir vryheid.


'n Penkop wat hom op vyftienjarige ouderdom by die Boeremagte aangesluit het nadat hy homself vir diensplig opgeroep" het, is byna tereggestel, was dit nie vir die Britse opperbevelvoerder Lord Kitchener nie. Kitchener - wat die doodsvonnis wat Frederich Johannes (Fred) Kirstein opgel is, moes bekragtig het laat weet dit is te na aan die vredesluiting (sewentien dae) en Fred moet na Indi verban word.

Kirstein is op 17 Augustus 1884 op die plaas Lemoenfontein in die distrik Klerksdorp gebore is. Hy het pas vyftien geword toe die oorlog op 11 Oktober 1899 uitgebreek het. Sy pa en broer was al in Kimberley met generaal Cronj se burgermag toe Fred sy eie kommandeer-brief namens" generaal Liebenberg uitgeskryf het en sy ma s oorreed het dat hy hom moes gaan aansluit.

Hy het toe te perd na Kimberley gery waar die beleg deur die Boere aan die gang was.

Kirstein het later in die oorlog onder generaal Koos de la Rey en ook generaal Christiaan Beyers geveg. Toe Jan Smuts as generaal aangestel is, het Fred 18 maande lank as spioen in die Danie Theron Verkennerskorps onder hom gedien. Hy het altyd ges generaal Smuts het nie 'n bang haar op sy kop gehad nie.

In di tyd was Fred by 'n hele paar insidente betrokke.

Op 'n keer, toe hy alleen verken het, het 'n Britse soldaat alleen te perd op hom afgekom en op hom begin skiet, waarop Fred teruggeskiet het. Hy was 'n baie goeie skut. Hy het agter 'n goot bloekomboom geskuil. As hy sy kop uitsteek, skiet die Brit. Een skoot het oor sy wang gesny en 'n ander het sy oor geraak. Hy het toe besef die Kakie was van plan om hom 'n kopskoot te gee.

Fred wou die Brit nie doodskiet nie, maar hy het besef dis nou of hy of die Brit. Fred het sy teiken getref en die Brit het swaar gewond neergesak.

Die seun stap toe nader en gee sy slagoffer van sy water. Hy kon Engels praat. Die gewonde s toe hy het uit sy eie na Suid-Afrika gekom vir die avontuur om die wilde Boere te skiet", soos aan hom en sy makkers ges is. Sy ma wou egter nie h hy moes kom nie.

Hy oorhandig toe sy pistool, geweer, verkyker en perd, asook 'n brief en 'n foto van sy ma, en vra Fred om n die oorlog aan haar te skryf. Dit het Fred dan later ook gedoen. Hy het oor die soldaat gewaak totdat hy gesterf het.

Verder het Fred deelgeneem aan die Slag van Tweebosch, Rooiwal, Modderrivier en Ysterspruit, waar hy in sy linkersy gewond is. Gelukkig was dit net 'n vleeswond. Omdat hy die uniform van 'n ho Engelse offisier met 'n dik leer gordel aangehad het, het dit die koel gekeer om te diep in te gaan. Uit di slag het net drie Boere lewend gekom.

Verder was Fred lid van 'n kommando wat in die rante by Hartbeesfontein in die distrik Klerksdorp geveg het. 'n Hele aantal Engelse offisiere het toe gesneuwel. Later, toe Fred as krygsgevangene op 'n skip was, het Tommies wat aan di skermutseling deelgeneem het, aan hom gevra: Watter kommando was dit waarvan al die Boere op wit perde was wat daardie dag s op ons geskiet het? Fred kon nie antwoord nie, want daar was nie so 'n kommando nie!

Dan het Oom Niklaas Siener" van Rensburg hom ook af en toe by hulle aangesluit. Hy het hulle by geleentheid tussen die Kakies deur gelei waar hulle gel en slaap het.

Fred het die sluitstuk van 'n Britse Maxim-Nordenfelt kanon ongesiens verwyder en dit in 'n skeur in 'n randjie naby Hartbeesfontein versteek. Toe kon die Britte dit nie meer gebruik nie.

In die Slag van Tweebosch is generaal Lord Methuen deur De la Rey se kommando gewond en gevange geneem. 'n Skietstilstand is gehou waartydens die Boere Methuen verpleeg het en toegelaat het dat hy na 'n hospitaal weggebring word.

Fred, 'n verkenner, het as boodskapper tussen die Boere en die Britse magte opgetree. Methuen het uit dankbaarheid 'n ambulans met mediese voorraad aan die kommando geskenk. So was dit deur die optrede van sommige in 'n sekere sin 'n beskaafde" oorlog.

Sowat drie weke voor die vrede was daar 'n groot saamtrek van Britse troepe, sowat 3 000 soldate, op Klerksdorp. Fred was onderweg van Hartbeesfontein toe 'n klompie joiners van Graaff-Reinet hom gewaar en van agter bestorm het. 'n Heen-en-weer-skietery het losgebars, maar vir Fred was daar nie uitkomkans nie. Vlak voor die Boere laer is hy omsingel en gevang.

Die Britte het hom gedwing om drie dae lank sonder kos of water op 'n miershoop te sit.

Hy is bewaak deur gewapende Tommies.

Luitenant-kolonel RG Kekewich het hom elke dag ure lank met behulp van 'n tolk ondervra. Hy is dan glo 'n kans gegee om die regte antwoorde te gee. Fred het voorgegee dat hy nie Engels verstaan nie.

Kekewich wou veral weet waar die sluitstuk van die bommeksim was. Di offisier het die seun allervreesliks uitgeskel.

Later het Kekewich hom 'n plaas, 'n span osse en plaasgereedskap beloof as hy wys waar die sluitstuk versteek was. Fred, toe sewentien jaar oud, wou nie s nie. Na drie dae het Kekewich hom ter dood veroordeel en gewys waar sy graf sal wees. Hy is ook aanges om 'n brief aan sy ouers te skryf.

Nadat Kitchener tussenbeide getree het, het Kekewich aan Fred ges hy sal hom stuur so ver as wat God land gegee het". Hy is Durban toe gestuur, waar die skip waarmee hy in ballingskap gebring sou word, in die hawe gel het met geel vlae wat aan die maste. Almal aan boord het masels gehad.

As kind het Fred di siekte gehad, maar nou was dit soos 'n pes. Hy het op die seereis ernstig siek geword en in Indi kon hy 'n tyd lank nie loop. Hulle het hom op 'n kameel gesit en so het hy by 'n Britse fort in die Himalajas op die grens met Rusland aangekom.

'n Paar maande later is hy egter na Suid-Afrika teruggestuur.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte