Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Die man wat Kitchener se dood veroorsaak het. Die Swart Luiperd.

Kaptein: Frederick Fritz Joubert Duquesne.

Frederick Fritz Joubert Duquesne (soms geskryf as Du Quesne en uitgespreek in Afrikaans as Doe-kein) (21 September 1877 - 24 Mei 1956) was 'n Suid-Afrikaanse Boere soldaat, krygsgevangene, grootwildjagter, joernalis, oorlogskorrespondent, Anglofoob, makelaar, saboteur, spioen en avonturier wie se haat vir die Britte hom gedryf het om vrywillig in albei WÍreldoorloŽ vir Duitsland te spioeneer. As Boere spioen was hy bekend as die Swart Luiperd en hy is ook bekend as die man wat Kitchener se dood veroorsaak het aangesien hy beweer dat hy in 1916 die HMS Hampshire gesaboteer en laat sink het waarop Lord Kitchener was op weg na Rusland. As Duitse spioen was sy kodenaam DUNN. In 1942 is hy en 32 ander lede van die Duquesne Spioenasie sindikaat skuldig bevind in die grootste spioenasie verhoor in die geskiedenis van die VSA.

Frits Joubert Duquesne is in Oos-Londen in die Kaapkolonie in 1877 gebore. Sy gesin het na sy geboorte na Nylstroom in die Zuid-Afrikaansche Republiek verhuis waar hulle begin boer het. Toe hy 17 was, is hy na Londen gestuur om te gaan studeer. Daarna het hy aan die Acadťmie Militaire Royale in Brussel gestudeer. Genl. Piet Joubert, 'n held in die Eerste Vryheidsoorlog en Kommandant-Generaal van die Suid-Afrikaansche Republiek (1880-1900) was sy oom

Toe die oorlog in Oktober 1899 uitgebreek het, het Duquesne na Suid-Afrika teruggekeer om hom by die Boere kommando's aan te sluit. Tydens die beleg van Ladysmith is hy beseer maar hy is ook bevorder tot die rang van kaptein in die artillerie. Duquesne is gevang deur die Britte by Colenso maar hy kon daarin slaag om in Durban te ontsnap. Hy het hom weer by die Boeremagte aangesluit en in die Slag van Berg en dal geveg. Hulle moes egter terugval na Mosambiek. Daar is hy deur die Portugese gevang en na 'n interneringskamp in Caldas da Rainha naby Lissabon gestuur.

By hierdie kamp het hy die dogter van een van die wagte gesjarmeer. Sy het hom gehelp om na Parys te vlug. Van daar het hy na Aldershot in Engeland gereis waar hy hom by die Engelse magte aangesluit het. In 1901 is hy na Suid-Afrika gestuur as 'n offisier van die Britse magte.

Hy het in die Kaap aangekom met planne om strategiese Britse instellings te saboteer. Hy het 20 manne gewerf maar is deur een van diť se vrou verraai. Hy het die doodstraf vrygespring deur van die Boere se boodskappe (met vervalsing) aan die Britte deur te gee maar is steeds deur 'n krygshof skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Die ander 20 lede van sy span is deur 'n vuurpeloton tereggestel.

Hy is in Kaapstad in die Kasteel die Goeie Hoop opgesluit. Die mure van die kasteel wat baie dik maar aand na aand het Duquesne die sement om die stene weg gekrap met 'n lepel. Hy het een aand byna ontsnap maar 'n groot steen het geval en hom in sy tonnel vasgepen. Die volgende oggend het 'n wag hom bewusteloos, maar ongedeerd gevind.

Duquesne was een van baie Boere krygsgevangenes wat na Bermuda gestuur is waar hy een van ongeveer 350 gevangenes was wat op Burt se Eiland, die tweede kleinste van die destydse selfregerende internerings eilande, geÔnterneer is. Die "23-jarige" kon daarin slaag om homself as 'n Amerikaner voor te hou en is geken aan sy "vars" gelaat en "goedgemanierde" "deftige" voorkoms deur Kaptein C.E.M. Payne, die Kommandant van Burt se Eiland (woordvoerder en verteenwoordiger vir die ander Boere). Op 25 Junie 1902 het Duquesne en Nicolaas du Toit wettiglik (aangesien die oorlog verby was) met 'n veerboot na Baileysbaai, Hamilton Parish, Bermuda gereis om vir Anna Maria Outerbridge, 'n leier van die "Boere Verligting komitee", te ontmoet. Sy was bekend daarvoor dat sy Boere krygsgevangenes gehelp het om te probeer ontsnap, waarna die weermag haar huis deursoek het na elke ontsnapping. Die Koloniale Vergadering het die hulp en huisvesting van ontsnapte krygsgevangenes onwettig verklaar en tydens Guy Fawkes-aand is 'n afbeelding van haar en nie van Guy Fawkes nie, verbrand. Outerbridge het gereŽl dat een van die mans sou ontsnap en die ander aan die weermag oorhandig sou word, waarna Duquesne na die hawe in St. George gestuur is. Daar het hy vir Kaptein W.E. Meyer, 'n ander lid van die Boere Verligting komitee, ontmoet en het hy vervoer gereŽl wat hom buite die kolonie sou neem. Dit was in ongeveer hierdie tyd dat hy vir Alice Wortley ontmoet het en met haar getrou het. Frits was beskou as 'n aantreklike, maar misterieuse man.

Haat vir Kitchener en Brittanje.

Terwyl hy in die Britse weermag was het hulle deur sy ouers se plaas in Nylstroom gereis waar hy met sy eie oŽ gesien het hoe Kitchener se Verskroeide aarde beleid geÔmplementeer is. Hy het ook nuus ontvang dat sy suster verkrag en vermoor is en dat sy moeder op sterw was in 'n konsentrasiekamp. Duquesne was vervul met afgryse en haat. Hy het daar besluit dat hy op Kitchener en die Britte sou wraak neem. Kitchener was die teiken van die mislukte poging van massa sabotasie in Kaapstad.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte