Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Het u byvoorbeeld geweet dat.

 1900 Johannesburg.

Die stad Johannesburg was nooit eintlik bedoel om gevestig te word nie?

Die destydse Wes Tranvaalse dorp, Ottoshoop, met berigte van ryk goud neerslae wat daar gevind is, het voorkeur geniet. Fortuinsoekers van oor die węreld het begin toesak op die gehuggie, en dorps planne is vlugtig opgetrek; maar toe word goud aan die Witwatersrand ontdek, 'n rif met legendariese rykdom, veel ryker as die vermeende afsetting in die Wes-Transvaal - ook sonder die probleme van 'n hoë watertafel.

Oornag word die plaas Randjeslaagte verklaar tot dorps gebied, maar omdat die toestroming van delwers so geweldig vinnig toegeneem het, was daar geen tyd om behoorlike dorp planne op te trek nie, en net daar en dan is Ottoshoop se planne geskaak vir die nuwe delwersdorp aan die Rand.

Indien u eendag op Ottoshoop beland sal u sien dat die dorpie nou nog dieselfde straatname het as die van Johannesburg, maar Ottoshoop se Mijnstraat het in die Goudstad verskyn as Main street. Daar is ook 'n Kerkstraat en 'n Commisionerstraat.

Die delwers van Ottoshoop is wreed van hulle "hoop" ontneem, want die probleme kon nie oorkom word nie. In die klein begraafplaas sien mens 'n hele paar selfmoord grafte wat getuig van hierdie manne se uiterste wanhoop.

Voor en tydens die Jameson inval was die hele Johannesburg in rep en roer. Mense het in trein vragte - dikwels oop bees trokke - gevlug. Die Jamesoniete, almal vooraanstaande Johannesburgers, het soos 'n bende skoolseuns opgetree, en selfs op 'n klandestiene manier met mekaar gekommunikeer deur skuilname te gebruik. Maar die inval het misluk; die beplanners is aangekeer en in Pretoria aangehou. Die stad se inwoners kon skaars weer op asem kom toe hulle opnuut geruk was deur 'n geweldige dinamiet ontploffing. In hulle paniek het die inwoners aanvanklik die ramp voor die deur van die Jamesoniete gelę - daar was selfs gevrees dat dit 'n inval van Duitsland was! Wat in werklikheid gebeur het was dat 'n paar spoorweg trokke dinamiet wat vir Modderfontein bestem was, dae lank in die bitsige Januarieson op 'n sylyn getrek was. 'n Ietwat onnosele rangeerder is aangesę om hulle te verskuif, maar hy het van hulle met 'n muilwa laat bots wat die geweldige ontploffing tot gevolg gehad het. En geweldig was die ontploffing inderdaad; byna die helfte van Braamfontein het in 'n oogknip in 'n krater verdwyn.

Die ryk goudrif van Johannesburg was ongetwyfeld die hooffaktor wat aanleiding gegee het tot die Anglo-Boereoorlog, maar afgesien van 'n paar veldslae wat in dorpe om die stad plaasgevind het, was Johannesburg nooit direk betrokke by die oorlog nie en het die stadsvaders baie geredelik die stad sleutels aan die invallers oorhandig.

Die voormalige fortuinsoekende pioniers van die stad het ontsaglik ryk geword en in die vroeë twintigste eeu het hulle as die "Rand Lords" (Goudbaronne) bekend gestaan. Hulle pretensies het geen einde geken nie en 'n hele paar het selfs vir hulle aderlike titels gaan koop in Engeland, gepaard met 'n landgoed daarby!

Onder hulle was daar heelwat manne wat van Duitse afkoms was, maar wat Britse burgerskap aanvaar het en toe werk daarvan gemaak het om meer Engels as enige Engelsman te word.

Met die uitbreek van die Eerste Węreldoorlog is die bordjies vir hulle lelik verhang. Anti-Duitse gevoelens het begin kop uitsteek en die uitbarsting het gekom toe die Amerikaanse handelskip, die Lusitania, deur die Duitsers gekelder was, wat tot Amerika se toetrede tot die oorlog gelei het.

Binne 'n dag het rassehaat in Johannesburg vlam gevat. Mense wat vir jare goeie stadsburgers was, is uit hulle winkels gesleep en aangerand. Hulle moes toekyk hoe hulle ondernemings aan die brand gesteek word. Eiendomme is oornag gekonfiskeer, bevries deur die Londonse raad.

Ook die Rand Lords - die wat ongelukkig genoeg was om 'n Duitse naam te hę - het die geweld nie ontkom nie. Selfs Sir Jules Wehner, wat in Brittanje sy herehuis en landgoed beskikbaar gestel het as hospitaal vir gewonde soldate, se myne en eiendomme is ook gekonfiskeer, en dit bloot omdat daar 'n radio gevind was op die solder van sy huis. Die berig het vinnig versprei dat hy 'n Duitse spioen was.

Beide Węreld Oorloë het Johannesburg op 'n manier betrek. Na die Eerste Węreldoorlog het die myners wat as soldate geveg het, by hulle terugkoms gevind dat hulle poste gevul was deur swart mynwerkers wat die take verrig het teen veel laer lone. Dit het gelei tot die myn rebellie van 1922 waarin talle mense gedood is. Onder die rebelle was daar ook die Kommunistiese Party wat meerendeels bestaan het uit verontregte blanke mynwerkers, baie van hulle Afrikaners, wat met uiterste rassisme te velde getrek het teen al wat swart was. Onder hulle was 'n Walliser genaamd Taffy Long, 'n myner met die stem van 'n engel, wat vir moord gehang was, ten spyte daarvan dat hy tydens sy eerste verhoor onskuldig bevind was. Skaars was hy vrygelaat of hy is weer in hegtenis geneem vir dieselfde misdaad. Dit was tydens hierdie tweede verhoor van hom dat die jurie sisteem vir die eerste keer afgeskaf is. Die regerings-aangestelde regs paneel wat oor sy lot beslis het, het Taffy die doodstraf opgelę. Taffy met die mooi stem het singend sy einde tegemoet geloop na die galg, waarna sy vrou, Ria Long, toegelaat was om sy lyk terug te koop vir tien pond. Sy is verbied om enige ophef te maak van sy dood, maar ten spyte daarvan het tienduisende mense die begrafnis bygewoon. Daar is gesweer dat Taffy as "verontregte held" nooit vergeet sou word nie.

As u sy graf in die ou begraafplaas besoek sal u slegs 'n naamlose graf vind onder 'n boom; bloot 'n nommer is die enigste aanduiding dat Taffy Long wel daar begrawe is.

Baie staaltjies word vertel omtrent die kleurryke Johannesburgse pioniers, mense vir wie President Paul Kruger bitter min agting gehad het.

Die Joodse sakemanne het egter tog daarin geslaag om die ou kęrel tot 'n mate na hulle kant oor te haal, miskien te wyte aan mildelike bydraes tot die staat koffers, wat dan gelei het tot begunstiging in plofstof konsessies en drank lisensies.

Solly Marks, veral, was beskou as 'n persoonlike vriend van die ou President, en Barney Barnato het hom die twee leeu standbeelde geskenk wat vandag nog te siene is voor sy huis in Pretoria. Dit is dan ook verstaanbaar dat hierdie manne erg ontsteld was toe Kruger 'n stuk grond aan die Katoliek geloof gegee het vir die oprigting van 'n kerk. 'n Stuk grond is ook toegesę aan die Joodse gemeenskap vir dieselfde doeleinde, maar tot hulle ontsteltenis was die standplaas die helfte kleiner as die van die Katolieke. 'n Hele deputasie van Joodse sakemanne het opgeruk om die saak met die President te besleg. "Dis onregverdig!" is daar gemor. "Ons doen dan soveel vir u en die Staat, meneer die President! Waarom is die grond vir ons sinagoge dan kleiner?" Die ou President het glo etlike minute in stilte aan sy pyp gesuig en uiteindelik net sy kop verbaas geskud. "Neefs," antwoord hy vriendelik maar ferm, "ek begryp g'n waaroor julle kla nie; julle glo net aan die een helfte van die Bybel, so daarom verdien julle net een helfte van Kerkgrond!"

Die staaltjies om Barney Barnato is legio. Een daarvan wat my amuseer is toe hy vir sy nuwe praghuis in Berea 'n Venus de Milo standbeeld uit Italië bestel het. Barney het egter ook die moontlikheid ingesien om vinnig 'n slag te slaan uit die kunswerk. Toe die standbeeld in Johannesburg aankom, het 'n erg-verontwaardigde Barney 'n klag gaan lę by die destydse Z.A.R. (die spoorweg department). Hy het gekla dat die Z.A.R. die arm van sy standbeeld afgebreek het! Daar was naarstiglik 'n nuttelose soektog op tou gesit na die vermiste arm; die resultaat daarvan was dat die Z.A.R. ten volle die skadevergoeding aan Barnato moes uitbetaal.

Die bou van die snelweg deur Johannesburg het tot oorsaak gehad dat talle van die pragtige ou herehuise - wat vandag sekerlik monumente sou gewees het - vernietig is. Dit kan dan ook voor die deur gelę word van die destydse voorsitter van die stadsraad, mnr. Oberholzer, dat een van die stad bakens, een van Johannesburg se geskiedkundige huise, Höhenheim, plek moes maak vir die huidige Johannesburgse hospitaal, 'n afskuwelike gebou wat tot vandag toe nog die luglyn van Johannesburg ontsier.

Onder die enkele wonings wat nog behoue gebly het is daar Northwards, die pragtige ou herehuis waar die Dale-Lace familie gewoon het. Hier het die beroemde - of ietwat berugte - Josie Dale-Lace haar gaste op 'n koninklike manier onthaal. Daar word vertel dat Josie, wat altyd die mode toon aangewer van die stad was, op 'n aand almal se asems laat wegslaan het: sy het die tuiniers se kinders aangesę om die erf te stroop van al wat vuurvliegie is. Die stomme gloeiende vliegies is inderhaas in talle sakkies in haar tabberd vasgevang en op 'n gegewe oomblik is alle ligte in die huis afgeskakel. 'n Letterlik stralende Josie het haar verskyning gemaak, al met die trap af, 'n visioen van skoonheid, omhul deur die lig van honderde klein vuurvliegies! (Geen wonder ons het geen vuurvliegies meer oor in die stad nie!)

Northwards, wat vandag bestuur word deur die Northwards Stigting, is een van die besienswaardighede in die stad wat werklik die moeite werd is om te besoek. Dikwels word konsert uitvoerings ook daar gehou.

Hoewel Northwards op 'n latere stadium gebou was as die denkbeeldige huis van die Mannheims wat in Parktown sou gestaan het, stel ek my voor dat die huis van die Mannheims met dieselfde elegansie sou gepronk het. Deur die vriendelike vergunning van Dr. Neil Viljoen, die kurator van die Northwards Stigting, het ons die skuldblad se model op die beroemde trap van Northwards afgeneem.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte