Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Vyf grafte van verraaiers.

Tussen sowat 700 grafte in die konsentrasiekamp-kerkhof in Klerksdorp is vyf grafte van verraaiers.

Hulle is twee keer opgegrawe en herbegrawe. Drie dae nadat hulle tereggestel is, is hulle opgegrawe waar hulle tereggestel is by Wolmaransstad. Hulle is toe gekis en weer daar herbegrawe.

Aan die woord is Roelf Marx, oud-kurator van die museum in Klerksdorp.

In die middelste van die vyf grafte l die oorskot van kmdt. Jacobus Petrus Daniel Theunissen.

Weerskante van hom l sy skoonseuns, links Heinrich Dietloff Ahrens (Henry) en regs Robert Machlachlan. Langs Machlachlan l Ronald Boyd. Links van Ahrens l sy broer, Willem Frederick. Al vyf n Theunissen se seun is op 23 Februarie 1901 deur 'n krygshof op Wolmaransstad aan hoogverraad skuldig bevind.

Willem Frederick en Theunissen se seun, Christiaan Jacobus, is deur genl. Koos de la Rey begenadig. Ahrens het Natal toe uitgewyk waar hy later dood is. Hy is n sy dood langs sy broer in Klerksdorp begrawe. Die jong Theunissen het hom n die oorlog gaan hervestig in Tanzani of Kenia. Na verneem word, het sy nageslag teruggekeer Suid-Afrika toe.

Die verbitterde Martha Margaretha Jacomina Machlachlan, Theunissen se dogter en vrou van Robert, het in Oktober 1903 weer toestemming gekry om hulle op te grawe en hulle is toe hier begrawe, s Marx.

Theunissen se een dogter, Susanna Field, is later in dieselfde graf as haar pa begrawe. Robert Machlachlan se dogter het net 14 maande oud geword en is saam met haar pa in dieselfde graf begrawe. Die ou kerkhof sien baie netjies daar uit. Die grafte is skoon en netjies en rye blomplante staan langs paadjies en blom.

Dit was nie altyd so nie. In September verlede jaar het die afgetrede Albert Louw dit op homself geneem om die kerkhof skoon te maak en in stand te hou.

Hy, sy seun en tuinwerker het die honderde grafte herstel en vragte vol tuin vullis weggery.

Theunissen was 'n ryk boer en een van sy plase, Lapfontein, was ongeveer 6 000 morge groot, vertel Petrie Oosthuizen, wat nou op 'n deel van die oorspronklike Lapfontein, naby die nedersetting Hartbeesfontein in die Klerksdorp-distrik, boer.

Lapfontein is nou verdeel in vyf plase. Die oorblyfsels van die opstal waarin Theunissen en later sy Machlachlan-dogter waarskynlik gebly het, is op Oosthuizen se deel van Lapfontein.

Albert Blake noem in sy boek, Boereverraaier. Teregstellings tydens die Anglo-boereoorlog, dat Theunissen se rykdom waarskynlik die rede is waarom hy gehensop het. Hoewel hy nie aktief die wapen teen sy eie volk opgeneem het nie, maar osse en ander proviand van die Boere weerhou het en die eed van neutraliteit by die Britte afgel het, is hy steeds aan hoogverraad skuldig bevind.

Volgens Marx is Theunissen en die ander deur lede van die Griekwaland - Wes kommando teregstel, omdat genl. C.C.J. Liebenberg se manskappe, wat eintlik die teregstelling moes waarneem, Theunissen, Machlachlan, Ahrens en Boyd geken het.

Dit sou te traumaties vir Liebenberg se manne wees om hul voormalige bondgenote te skiet, s Marx.

Twee van die vroue van Lapfontein, waarskynlik Theunissen se dogters, se pleidooie by De la Rey om begenadiging, het op dowe ore geval. Die Theunissen-vroue was tot met hul dood verbitterd oor die teregstellings.

Die vier tereggesteldes het verskeie skote deur die bors en elkeen een skoot deur die kop gehad.

Elkeen van die tereggesteldes het minstens drie skote gehad, waarvan almal een deur die kop tussen die o of deur die slaap. Wanneer 'n vuurpeloton teregstellings gedoen het, het hulle na die hart gemik, nooit na die kop of gesig nie.

As die tereggesteldes nie dood is nie, is 'n genadeskoot gegee, deur die kop. Dat almal deur die kop ook geskiet is, dui vir my daarop dat die manne van die Griekwaland -Wes kommando erg op hul senuwees was toe hulle die verraaiers moes teregstel en daarom nie onmiddellike doodskote gegee het nie. Hulle moes toe 'n genadeskoot deur die kop gegee word.

Lapfontein was nie goed vir verraaiers tydens die Anglo-Boereoorlog nie. Nog twee verraaiers, Philipus Cornelius de Bruyn en Jan Andries Benjamin de Beer, is op Lapfontein tereggestel.

Volgens Marx het di twee en nog 'n verraaier, H.C. Boshoff, teen brandwagte van genl. Liebenberg vasgery terwyl hulle aandete genuttig het. Hulle is die volgende dag tereggestel. Boshof is vrygespreek omdat hy baie jonk was.

Die brandwagte het inkriminerend dokumente by di verraaiers gekry. Hulle is op 27 Desember 1900 deur 'n krygshof skuldig bevind en tereggestel.

Die dokumente wat by hulle gekry is, was passe wat aangedui het hulle is deel van die intelligensie department van die Britse genl. C.W.H. Douglas, s Blake.

De Bruyn en De Beer is 11 dae uitmekaar gebore (10 en 21 November 1862) en albei is twee dae n Kersfees in 1900 tereggestel. Die teregstelling is waarskynlik nie deur genl. De La Rey bekragtig nie.

Die twee se enkele grafsteen staan deesdae in die middel van 'n mielieland op Oosthuizen se deel van Lapfontein.

Op hul grafskrifte staan gesneuveld, asof omgekom in 'n veldslag.

Op Lapfontein het hulle hul gatte gesien.

Die uitdrukking jou gat sien, kom uit die Boereoorlog.

Die wat tereggestel is, het geblinddoek by hul graf gestaan sodat hulle sommer daarin val as die skoot hul tref. Vandaar die uitdrukking jy het jou gat gesien.

Deesdae word daar suksesvol geboer op Lapfontein. Die vloek wat glo op di plaas gerus het, is verbreek. Die verraaier Lapfontein is nou in bittereinder-hande.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte