Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


Onverskrokke Boer skiet 6 Kakies dood.

Een onverskrokke Boer het in die Anglo-Boereoorlog nege Kakies man alleen aangedurf en op die koop toe ses van hulle doodgeskiet, skryf Sara Jansen.

Hier is haar verhaal: Die pad tussen Koffiefontein en Jacobsdal is vir my nou onnodig ver,'' dink Loot Erlie. Hy moet 'n boodskap veilig in Jacobsdal gaan aflewer. Dit is al wat tel. Hy ry te perd. Met tye in die rivier en met tye in die bosse. Dan laat hy weer die perd tussen die struike en gaan verken die wreld te voet. Dit is 'n langsame proses, maar hy volhard en hou aan.

Hy spioeneer nou naby die plaas Bloubank digby die rivier. Nege Engelse kom te perd met die rivierloop opgery. Hy hou hulle met sy hele wese dop. Dan ry hulle teen die wal uit. Trek hul klere uit. Laat selfs hul gewere daar en baljaar in die rivier.
Behoedsaam bekruip Loot hul afsaal plek en trek al die gewere se slotte uit. Hy beweeg bomenslik stil. Met die aankoms by sy perd, begin hy op hulle in die water skiet. Ses sneuwel. Die ander drie storm die wal uit.
Loot se opdragte is kort en kragtig nadat hy die drie ``gehensop'' het:

Sit die dooies se kepse op. Gooi hul klere oor die lyke met die petses na bo.''
Die gewere word aan die saals vasgemaak. Die drie Kakies lei die perde nadat hulle weer ten volle geklee is. Ry mag hulle nie, anders slaan hulle op vlug. Hy jaag hulle te perd aan na Koffiefontein.
"Ja,'' s Loot met sy aankoms in die laer, ``julle het ges as elke boer ses Kakies doodskiet, wen ons die oorlog. Wel, ek het nege omsingel en ses laat sneuwel, dus, my deel van die oorlog is afgehandel!''
Hierna het Loot Erlie geswyg. 'n Tolk moes by die drie Engelse uitvind hoe een man nege man kon ``omsingel''.
Tot en met Loot Erlie se dood het hy geen enkele woord weer oor die oorlog gerep nie.

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte