Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Kommando's

 


"Tommies" was gewone, tipiese Britse soldate in oorlog.


Elke Britse Tommie is met 'n kakie-uniform toegerus wat bestaan het uit 'n soldatebaadjie, kakiebroek wat onder die knieŽ ingeryg is, kamaste en bruin stewels, 'n helm and ander hoedjies, en 'n kakie-oorjas. Hy het ook 'n geweer en bajonet, bandeliersak, rugsak, waterbottel en ander benodighede gekry. Meer as 180 000 Engelse troepe het na Suid-Afrika gekom. Dit was meer as die hele bevolking van die twee Boere-republieke saam.

Tommy Aikins. Wie was hy. Dit was die gewone, tipiese Britse soldaat wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het.
Vir die Britse "Tommie'' was die ABO meer as dood en afgryse.
Dit was die kans van 'n leeftyd: avontuur, die wye vlaktes van Afrika, nagte onder die sterrehemel, uiterste temperature, en die kameraadskap onder soldate.

Een van die manskappe wat onder genl. French gedien het, beskryf sy verblyfplek in 'n brief huis toe sů: ``Die veld is my woning; die kamers is winderig, soms met ongediertes en slange op die koop toe; spyskaart - eenvoudig maar gesond; water kan jy maar drink; moet net nie daarin was nie; dit maak jou gesig vuil . . .''
Hierdie Afrika-ervarings het 'n onvergeetlike indruk op die Tommies gemaak, en hulle het later weer die slagvelde besoek waar alles toe stil en rustig was.
Geskiedskrywer Fransjohan Pretorius beskryf die Tommie as 'n heel menslike mens: gehard, onkundig, lojaal, veglustig en sentimenteel.
Dit is hoe die digter Rudyard Kipling Tommy Atkins ook in sy gedigte beskryf.

Werkloosheid in ongeveer 1898 het baie jong manne gedwing om hul by die Regular Army van Brittanje aan te sluit. Dit het soldate van 'n vaste inkomste van vyf sjielings per dag voorsien, wat ook Sondae ingesluit het.
Die meeste rekrute vir die Regular Army was aanvanklik hande-arbeiders.
In 1898 was slegs 7,3% van rekrute uit die laer middelklas - winkelassistente en klerke, terwyl net 1,1 persent professionele mense uit die middelklas was.
Soos die Boere het die Tommies na die front opgeruk sonder om te besef wat werklik op hulle wag.
NŠ hartroerende afskeide op die tuisfront, het hulle met groot geesdrif aan boord van 'n skip gegaan met die woorde: ``We're off to have a shot at old Kruger.''
Tommies is van 'n kakie-soldatesak voorsien waarin daar onder meer 'n serge-uniform was vir infanterie-geleenthede met 'n broek wat onder die knieŽ ingeryg was, kakiekamaste en bruin stewels, 'n kakiehelm en ander benodigdhede.
Lesings op skepe het Tommies geestelik probeer voorberei vir die oorlog.

Genl. Frederick Roberts het eindelik meer as 180 000 soldate tot sy beskikking gehad - meer as die hele bevolking - mans, vroue en kinders - van die twee Boere-republieke saam.
Daar was 'n duidelike klasse-verskil in die leŽr, skryf Pretorius.
Professionele offisiere het tradisioneel uit die aristokrasie gekom; baie was lords of sirs.
Die middelklas het uit vrywilligerkontingente bestaan. Gewone Tommies was uit die laagste klas.
Tommies het ontberings in Afrika taamlik goed hanteer. Anders as vir die meeste Boere was godsdiens nie juis vir hulle 'n diep geestelike ervaring nie.
Humor in godsdiens het nie uitgebly nie.

'n Engelse regiment het een keer sowat 160 km afgelÍ in 'n lang mars en toe die kapelaan Sondag die gesang Art thou weary opgee, het die half-onderdrukte woord ``yes'' van alle kante opgeklink!
Die Tommie het, beÔnvloed deur die Britse ``race patriotism'', 'n algemene gevoel van openlike vyandigheid teenoor die Boere gekoester.
Dit word selfs deur Bill Nasson, 'n skrywer, beweer dat Tommies geesdriftig na die Boere geskiet het.
Tommies het die Boere as lafaards bestempel omdat hulle nie die Boere se vegmetode - om pad te gee as die wÍreld vir hulle te warm word - verstaan het nie, ten einde anderdag weer verder te veg.
Die afbrand van huise was krygsbeleid, en Tommies moes diť bevele gehoorsaam.
Uit talle briewe huis toe is laat blyk dat dit nie vir almal ``aangename'' ervarings was nie, en is meegevoel met die lydendes uitgespreek. Boere-gewondes en -krygsgevangenes asook boervroue is in die algemeen goed behandel.
Die enkele gevalle van aanranding op en verkragting van Boervroue wat voorgekom het, is swaar gestraf.

Tommies het dikwels oor die land se uiterstes van temperature gekla, terwyl swak higiŽne en voedsel tot ingewandskoors en aanverwante siektes gelei het.
Dit het 'n hoŽ tol onder Britse soldate geŽis.
In Ladysmith is 393 Tommies weens siekte dood.
Nog 'n interessantheid van Tommy Atkins is dat in verskeie Boere-dagboeke melding gemaak is daarvandat hulle in die algemeen luise in hul klere gehad het.
Boerekommando's het geweier om te oornag waar Britse kampplekke was.
Baie Tommies het nŠ die oorlog in Suid-Afrika agtergebly om hul geluk hier te soek.
Ander kon weer nie gou genoeg na die groen grasvelde van hul tuisdistrikte terugkeer nie.
Op die Suid-Afrikaanse veld was 22 000 Britse grafte getuienis van die verskrikking van die Anglo-Boereoorlog.

 

 

Ons Boere Se Trotse Geskiedenis

 

 

Boere Stories, Staaltjies en Gedigte